25 Dae tot KersfeesVoorbeeld

25 Dae tot Kersfees

DAG 6 VAN 25

Die laaste gedeelte van Lukas 2:14b (NLV) lees: "vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het". Hebreërs 11:6 (NLV) leer ons "As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon." Dit beteken sonder geloof kan ons die vrede wat God bied, nie ontvang nie.

Baie mense geniet die viering van Kersfees, die nostalgie wat daarmee gepaard gaan en waardeer dit om saam met geliefdes oor die Kerstyd te wees. Vir die wat nog nie hulle volle vertroue vir verlossing (want dit is wat geloof is) in Jesus geplaas het nie, is Kersfees nog leeg van die ware betekenis. Jesus het vir sy dissipels gesê: "Ek laat vir julle vrede na; my vrede deel Ek met julle. Ek gee nie soos die wêreld gee nie. Julle moet nie ontsteld of beangs word nie" (Johannes 14:27 NLV).

Die sleutel wat God se verlossing ontsluit, is geloof. Deur geloof ontvang ons die geskenk van die ewige lewe, ‘n verhouding met God, vergifnis van sonde. Ons word aangeneem as kinders van God. Paulus leer ons: "Ek bid dat dié God wat aan ons ’n toekomsverwagting gee, deur die geloof julle lewens met blydskap en vrede sal vul. Ja, mag julle lewens tot oorlopens toe vol verwagting word deur die kragtige werking van die Heilige Gees" (Romeine 15:13 NLV). Dit is deur geloof dat ons vrede en blydskap ontvang.

Vrede en liefde is die belofte van Kersfees. Hierdie belofte moet deur geloof ontvang word. Vrede tussen God en die mens is wat die persoon ontvang wat Jesus in geloof as Verlosser aanneem. "Eer aan God in die hoogste hemel, en vrede op aarde vir almal in wie Hy ’n welbehae het" (Lukas 2:14 NLV).

Dag 5Dag 7

Aangaande hierdie leesplan

25 Dae tot Kersfees

Hierdie 25-dag leesplan berei ons harte vir Kersfees voor — spesifiek die boodskap van Kersfees en die rede vir Kersfees — Jesus. Kersfees en die aanloop na Kersfees toe, is 'n wonderlike tyd van die jaar. Daar is opwinding, nostalgie, afwagting en vakansie in die lug. Vir elke kind van God moet hierdie dinge nie ons aandag aflei van die rede en die boodskap van Kersfees nie.

More

Ons wil graag Lewende Woord Midrand bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: https://www.hallokerk.co.za/