Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld
ONSIGBAAR
Lees Psalm 63:7-8.
Wanneer jy kies om jou kruis te dra en Jesus te volg, sal jy vuurwarm weerstand van die vyand kry.
Soms is dit al wat ons kan doen om te keer dat ons deur ons gedagtes ingesluk word. Ons omstandighede kan voorkom as ver bo dit wat ons kan verduur. Die nag kan 'n onwelkome besoeker bring, slapeloosheid, of die oggend breek aan met 'n digte mis of depressie vir geen verklaarbare rede nie. Jy kan voor jou wasbak in die kombuis staan met niemand in die vertrek nie, maar dit voel asof jy teen 'n legioen vir jou lewe veg. By tye kan ons amper voel asof ons besig is om ons verstand te verloor.
Dit kan oorweldigend, angswekkend en verwarrend wees, maar Petrus sê ons moenie verbaas wees oor die vuurproef waaraan ons onderwerp gaan word nie (1 Petrus 4:12). In plaas daarvan, moet ons soos die psalmdigter, skuiling vind by die Allerhoogste dan sal ons die beskerming van die Almagtige geniet.
Die wêreld! Satan! Ons vlees! Ons is in 'n geveg. Die aanval kom van binne en van buite, dikwels met meer as een vyand op 'n slag! Dit kan wissel van dit wat soos denkbeeldige gedagtespeletjies voel, tot 'n algehele aanval op jou familie of jou onderneming. Slegte mense, bose geeste, slegte gewoontes en vuil gedagtes doen dikwels die rondte.
Die wêreld — met al sy verleidelikhede, sy bemarkingsfoefies en sy druktaktiek — omring ons van alle kante, verlei ons oë, terg ons vlees, en lok ons trots uit (1 Johannes 2:16-17). Dit verkoop op enige manier, behalwe op God se manier.
Die duiwel is bedrieglik. Hy daag nie normaalweg op met 'n groot ophef, praal en omstandighede nie. Onsigbaarheid is sy doel: om 'n bedrieglike front voor te hou, fasades, ligte, byklanke, sagte musiek. Hy is agter jou aan. Hy wil jou nie net ontmoedig nie, maar jou vernietig.
Ons vlees en sy broosheid is by ons oral waar ons gaan. Ons lewe in 'n sondige wêreld met sondige mense, insluitende onsself. Ons kan ons eie ergste vyand wees! Die vlees voer oorlog teen ons siele om ons te keer om dit te doen wat ons begeer om God tevrede te stel. Lees Galasiërs 5:17-25 en 1 Petrus 2:11.
Jy is nie besig om jou te verbeel nie. Jy is in 'n geveg gewikkel, daarom moet jy jou vyand ken en gereed wees.
Volg die voorbeeld van Romeine 12:2 en kies een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik om jou gedagtes te vernuwe en jou hart te verander — en fokus daarop.

Aangaande hierdie leesplan
Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.
More
Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/new-products/