Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld
IN VREUGDE
As God ons liefhet, waarom kruis beproewinge, versoekings en moeilikhede ons pad? Ons weet dat ons hemelse Vader ons van alles kan beskerm. Deur dit te doen sou sy doel egter nie kon slaag nie.
Lees Jakobus 1:2-4. Hoe wil Jakobus hê ons moet na ons beproewings kyk? Wanneer? Kyk aandagtig na hierdie Skrifgedeelte, dink aan die vordering en die eindresultaat van 'n Goddelike reaksie in moeilike tye.
Kan jy 'n tyd onthou toe jy deur 'n ondraaglike beproewing gegaan het, maar toe dit verby is het jy die ewige uitwerking daarvan gesien – moontlik 'n egte verandering in jou krag, jou vrede en jou karakter, of soortgelyke veranderinge in 'n ander persoon as gevolg van wat God besig was om in jou lewe te doen?
Gister het ek dit net genoem, maar vandag wil ek klem daarop lê dat te midde van beproewing, probleme of verdrukking, is die beste ding wat ons kan doen om dankie te sê. Ons gaan die poorte van veiligheid, waarheid en vrede in wanneer ons die hemelse vergadering binnegaan.
Jakobus raai ons aan om bly te wees oor ons beproewings; wees dus dankbaar en prys God wat jou ken en jou liefhet!
Lees Psalm 100.
Neem die waarheid van God se liefde, genade en barmhartigheid ter harte en glo dit! Smeer dit soos salf aan jou hart. Bely enige sonde van ongeloof of begeerte vir die dinge van die vlees of die wêreld. Hulle sal 'n strik, 'n lokval en 'n slaggat wees.
Vyf punte om jou te help hierdie waarhede te onthou:
1. Bid om hulp. (Gryp die rooi foon!)
2. Verklaar jou posisie IN Christus. Watter vyand kan Hom oorwin? Jy is bedek deur die bloed van die Lam en vind skuiling in die sterk vesting van sy Naam: Allerhoogste God, Heerser bo almal, Koning van alle konings.
3. Neem jou swaard op. Ken die Woord van God en gebruik dit. Teiken die vyand se leuens met die waarheid.
4. Posisioneer jouself en staan vas in die waarheid.
5. Gaan voort in geloof dat Hy God is, dank Hom en vertrou dat Hy in beheer is.
Kies een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik het om jou gedagtes te vernuwe en jou hart te verander. Neem hierdie waarheid ter harte en leef dit vandag deurgaans uit.
Geluk! Jy het Gryp die Rooi Foon! voltooi. As jy jou verder in hierdie studie wil verdiep, besoek gerus ons hulpbron bladsy vir bykomende materiaal sowel as die vollengte dissipelskap studie Raak Weer Verlief op Jou Here waarop Gryp die Rooi Foon! gebaseer is.
Aangaande hierdie leesplan
Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.
More