Gryp Die Rooi Foon!Voorbeeld

Grab the Red Phone!

DAG 2 VAN 5

ONOORWINLIK

Die dae is boos. Ons moet ons oë op die Here hou en sy aangesig te alle tye opsoek.

Ek het jare gelede hierdie e-pos van 'n dierbare vriendin ontvang, wat my verplig laat voel het om dit met jou te deel. Sy het weens haar omstandighede aan 'n draadjie gehang:

"Kom ek vertel jou daarvan. Verlede Februarie het ons uitgevind dat ons 16-jarige seun, in die middel van die nag, uitsluip na ons 17-jarige dogter se kamer en haar betas. Van Februarie tot Junie het ek aanmekaar gehuil. Tussen Julie en Augustus was daar geen trane meer oor nie. Daar was niks oor nie; ek was dood. Ek het nie geëet of geslaap nie. Die wanhoop en gevoel van hopeloosheid was meer as wat ek nog ooit ervaar het. Dit het gevoel asof die Here my na die rantjie van 'n afgrond gebring het en my net daar gelos het. Dit was die mees angswekkende tyd van my lewe. Ek het vir my vriende gesê dat ek dit nie gaan maak nie. Ek het nie eens geweet wat ek daarmee bedoel nie, maar ek het tog elke woord bedoel. Ek was in soveel pyn. Ek het net nie geweet hoe ek dag na dag so sonder verligting kon leef nie. Ek was so teleurgesteld in myself. Hoe kon ek as 'n "goeie" Christen in so 'n toestand beland? Ek het gevoel dat ek veronderstel was om baie beter in staat te wees om tydens hierdie beproewing staande te bly. Niks het vir my verligting van my gedagtes gebring nie. Daar was geen vreugde of plesier nie, en vrees het oor my denke regeer. Ek het memoriseerverse oral in my huis opgeplak en ek sou doelloos van die een vers na die ander gedwaal het, net om vir nog een minuut daaraan vas te hou. Depressie het my oorval en die angstigheid het vermeerder. Dit was meer as wat ek kon verduur. Ek het niks van God se genade en barmhartigheid gevoel nie."

Daar is tye wanneer ons na God moet uitroep om hulp en onder sy almagtige vlerke na skuiling hardloop!

Lees Psalms 36:7, Psalms 57 en Psalms 46. As jy meer tyd het, lees ook Psalms 91. Dink aan 'n paar geleenthede toe jy intens bewus was van God se Goddelike beskerming of voorsiening. Neem 'n paar oomblikke om God te prys terwyl jy sy getrouheid oordink.

Kies net soos gister, een Skrifgedeelte van vandag wat die Here gebruik het om jou denke te vernuwe en jou hart te verander.
Dag 1Dag 3

Aangaande hierdie leesplan

Grab the Red Phone!

Waarheen hardloop ons wanneer beproewinge erger is as wat ons kan verduur? Wie bel ons wanneer ons aangeval word? Hierdie 5-dag leesplan van Thistlebend Ministries sal jou leer hoe om die rooi foon te gebruik — om jou na God te laat hardloop en styf aan Hom vas te klou, ongeag die omstandighede.

More

Ons wil graag Thistlebend Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie leesplan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://www.thistlebend.org/new-products/

Verwante Leesplanne