Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 24 VAN 29

Week 4 / Eer God

Eerste Prioriteite

Lees: Haggai 1

SOAP: Haggai 1:12-13

Serubbabel, seun van Sealtiël, en Josua, die hoëpriester en seun van Jehosadak, en almal wat oor was van die volk, het geluister na die stem van die Here hulle God en ag geslaan op die woorde van Haggai, die profeet, toe die Here hulle God hom gestuur het. Die volk was bank vir die Here, maar Haggai, die boodskapper van die Here, het in opdrag van die Here vir die volk gesê: “Ek is met julle! Dit is die uitspraak van die Here.”

Oordenking

Die meeste van die profete waarvan ons gelees het, het voor of tydens die begin van die ballingskap van Israel en Juda gelewe. Haggai skryf aan die einde van die 70 jaar van ballingskap. Die Babiloniërs is deur die Perse verower, en koning Darius van Persië het die Israeliete toegelaat om na Jerusalem terug te keer om die stad te herbou, net soos God belowe het.

Kort nadat hulle in Jerusalem aangekom het, het Haggai begin agterkom dat die mense baie meer bekommerd was oor die herbou van hul huise as die tempel. Onthou, die rede waarom die mense in die eerste plek in ballingskap gestuur is, wat as gevolg van hulle sonde, ongehoorsaamheid en afgodery. God het belowe dat Hy ’n getroue oorblyfsel van mense sou bewaar om na 70 jaar na Israel terug te keer, maar diegene wat teruggekeer het, het misplaaste prioriteite gehad.

Hulle terugkeer na Jerusalem was ’n gawe van God. Hulle reaksie moes een van lof en danksegging gewees het deur eers die tempel te herbou, maar was hulle op hulleself gefokus.

Ons kan ook soos die Israeliete wees. Ons vra en hoop dat God ons uit ’n situasie sal verlos of iets nuuts of beter sal maak. Wanneer Hy dit doen, vergeet ons om reg te reageer in lofprysing. Ons kan vinnig aanbeweeg en ons eie begeertes dien, of ons begin die volgende ding begeer. God het Haggai genadiglik gebruik om die mense terug te roep tot gehoorsaamheid, en hulle het vinnig gehoorsaam.

Dink nou aan jou eie lewe. Sou jou leefstyl en gewoontes daarop dui dat jou eerste prioriteit is om God te dien en te aanbid? Mag ons nie soos die Israeliete afgelei en van koers af gebring word nie. Mag ons harte en lewens in die eerste plek op God gefokus wees.

Gebed

God, dankie vir genadige herinneringe om my fokus op U te draai. Ek kan so maklik afgelei word deur my eie begeertes en behoeftes. Mag my lewe in lof en aanbidding wees vir wie U is en wat U in my lewe gedoen het. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans