Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

DAG 25 VAN 29

God se Komende Glorie

Lees: Haggai 2

SOAP: Haggai 2:9

“Die roem van die tempel sal in die toekoms groter wees as in die verlede, sê die Here die Almagtige. Op hierdie plek sal Ek vrede gee, sê die Here die Almagtige.”

Oordenking

Soos die mense van Jerusalem begin om die tempel te herbou, is dit duidelik dat hierdie tempel niks is in vergelyking met die omvang en glorie van die oorspronklike tempel nie. God praat egter deur Haggai, wat vir die mense te sê om voort te gaan met die bouwerk. Alhoewel die belangrikheid van die tempel onbetwisbaar is, sal daar wel 'n dag kom wanneer God se heerlikheid ten volle vertoon sal word, in baie meer glorie as wat dit deur die tempel vertoon word - ongeag hoe pragtig die gebou is. Eendag sal God se heerlikheid ten volle deur Jesus Christus geopenbaar word.

God het die volk weereens herinner aan sy belofte aan koning Dawid dat iemand vanuit sy nageslag as die Ewige Koning en Redder sou regeer (2 Samuel 7). God het Dawid se bloedlyn genadiglik bewaar en dit sou voortgaan deur Serubbabel.

Alhoewel die mense steeds nie geweet het wie hierdie komende Verlosser sou wees nie, roep God die mense om voort te gaan om met nederigheid en gehoorsaamheid te lewe. Hulle moes getrou wees.

Die Redder is niemand anders as Jesus Christus nie. Terwyl die Israeliete gewag het vir die Messias se geboorte, sy eerste koms, wag ons op sy Wederkoms. Terwyl ons wag, word ons ook geroep tot 'n lewe van nederigheid en gehoorsaamheid. Ons lewens moet 'n weerspieëling wees van Christus se karakter en liefde. Ons is geroep om diegene rondom ons te dien en die naam van Jesus bekend te maak.

Alhoewel ons nie 'n maklike pad belowe word nie, is ons verseker dat God elke tree van die pad met ons sal wees. God se heerlikheid word deur Jesus geopenbaar en eendag sal ons Hom van aangesig tot aangesig sien.

Gebed

God, dankie dat U u belofte nagekom het, deur u Seun as ons Verlosser te stuur. Ek wag gretig vir die dag om Jesus van aangesig tot aangesig te sien. Terwyl ek wag, help my om met nederigheid, afhanklikheid en gehoorsaamheid aan U te leef. Amen.

Aangaande hierdie leesplan

Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein Profete

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans