Ons God Wat Ons Opsoek - Om Ons Na Hom Terug Te Lei. 'n Studie van Vyf Klein ProfeteVoorbeeld

Heelhartige Aanbidding
Lees: Maleagi 1
SOAP: Maleagi 1:7
Julle bring onrein voedsel op my altaar, en dan vra julle: "Hoe het ons U te na gekom?" Julle doen dit wanneer julle dink: "Die altaar van die Here kan maar met minagting behandel word."
Oordenking
Ons kom aan die einde van die Ou Testament. Maleági het 100 jaar gelewe nadat die Israeliete uit ballingskap teruggekeer het. En alhoewel Haggai 'n belowende toekoms gesien het toe die mense ingestem het om heelhartig voor God te lewe, het Maleági geen bemoedigende vordering gesien nie.
Weereens was een van die grootste probleme van die dag die toestand van die mense se harte. Hulle het bloot deur die aksies van godsdiens gegaan, God ondergeskikte offers gebring en godsdienstige pligte verrig asof dít onbelangrik was. Die mense het gretig gewag dat God sy beloftes vervul, soos om die Messias te stuur. Daar het egter nog niks gebeur nie en dus het die mense begin moedeloos raak. Om hul beste vir God te gee, het gevoel soos werk en ’n oorlas, wat God diep gegrief het. Ten spyte van God se voortdurende voorsiening, beskerming en getrouheid aan Israel, het die volk onverskillig geraak – hulle het selfs die dien van God as “vermoeiend” beskou (Maleági 2:13).
Maleági se woorde aan die Israeliete is net so van toepassing op ons vandag. Dit is 'n oproep vir ons om ons eie harte te ondersoek. Die waarheid is dat jy nie halfhartig met God kan wees nie. Jy kan nie met een voet by God en die ander voet in die wêreld staan nie. God verwag algehele toewyding tot en gehoorsaamheid aan Hom. Sulke gewillige gehoorsaamheid aan God lei uiteindelik tot ‘n lewe van vryheid, liefde en vreugde.
Hoe beskou jy aanbidding? Is dit die vreugde van jou lewe om God te dien, of is dit iets wat jy as oorskiet aan Hom gee? Soos met alles anders in ons lewens, is net ons allerbeste waardig genoeg wanneer dit by die aanbidding van God kom.Om vir Hom te lewe is nie iets wat vervelig en vermoeiend is nie, maar vervullend en vrugbaar.
Gebed
God, U is al my aanbidding en lof werd. Mag my lewe vir U 'n vreugdevolle offer wees. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

God se Woord bied ‘n boodskap van hoop. Selfs te midde van sonde en swaarkry, hou God nooit op om ons op te soek en na Hom terug te lei nie. In hierdie Bybelstudie gaan ons in die boeke van die klein profete delf om God te sien wat ons opsoek en wat beide getrou en regverdig is. Hierdie dagstukkies sal jou help leer hoe ‘n lewe van gehoorsaamheid lyk.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans