Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)Voorbeeld

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

DAG 1 VAN 6

Die Tora

Die eerste vyf boeke van die Bybel – Genesis, Eksodus, Levitikus, Numeri en Deuteronomium – staan gesamentlik bekend in die Joodse tradisie as die “Tora”. “Tora” beteken “Die Wet”. Dit is omdat die wette wat Moses by God ontvang het vir die volk, Israel, daarin opgeteken is. Die Griekse woord vir die Tora is “Pentateug”, daarom word die eerste vyf boeke ook dikwels so genoem. Natuurlik bestaan die Tora nie net uit wette nie. Daar is baie geskiedenis, geslagsregisters ens. daarin opgeteken. Wanneer jy in die Nuwe Testament die verhale van Jesus lees, sal jy sien dat die Tora ‘n baie belangrike rol gespeel het in die lewens van die Jode. Jesus was dikwels met die Jode in ‘n geskil oor die interpretasie van die Wet. Die heel eerste boek, Genesis, bevat geen wette nie. Daar is wel baie belangrike beginsels.

Die Tora, veral Genesis, is vir ‘n paar redes vir ons belangrik vandag, al is dit in die Ou Testament. Eerstens, omdat dit vir ons die uiters belangrike vrae van die lewe antwoord. Waar kom die skepping vandaan? Wie het dit geskep? Hoe het ons op aarde gekom? Wat is ons doel? Hoekom is daar swaarkry en seer op aarde? Dit en nog baie ander vrae word beantwoord in die boeke. Natuurlik is deel van die Heilsgeskiedenis ook in die Tora. Die “Heilsgeskiedenis” is die geskiedenis van God se reddingsplan vir ons in Jesus. Ja, dit het nie begin in die Nuwe Testament nie. Ons begin al daarvan lees in Genesis! Kyk hoe Jesus dit bevestig in wat hy vir die mense sê in die Nuwe Testament in vandag se Skrifgedeeltes.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.

More

Ons wil graag Werner Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.linkedin.com/in/werner-strauss-sts