Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)Voorbeeld

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

DAG 5 VAN 6

Geslagte en Gebeure (Numeri)

Numeri het so baie naamlyste! Dit kan dalk jou spoed breek as jy dit alles lees. Daar is egter baie interessante dele, byvoorbeeld waar God die aarde oopmaak om rebelse mense in te sluk. Ons lees selfs van Moses wat sonde doen. Daar is baie aksie ook: groot oorloë en so meer. Ons sien hoe God deur groot nasionale krisisse saam met Israel beweeg het en vir hulle uitkoms gebring het. Daaruit leer ons oor God se karakter. Ons sien die hartseer effek van ongeloof en ongehoorsaamheid in mense se lewe. En so kan ek aangaan...

Moet egter nie die naamlyste weggooi nie! Dit vervul ‘n baie belangrike rol. Dit is die gedetailleerde stamboom van Jesus se voorsate tot en met daardie tyd. Wat dit indrukwekkend maak, is dat dit die name van mense insluit wat geleef het voor skrif uitgevind was. Dit is dus mondelings oorgelewer. Daardeur, saam met die geslagsregisters op ander plekke in die Bybel, sien ons hoe Jesus ‘n afstammeling is direk van Adam af! Geen ander mens wat nog ooit geleef het, het so gedetailleerde en volledige bewys van aardse voorgeslagte soos Jesus nie. Net nog ‘n bewys van hoe God deur die eeue besig was met die Groot Storie – Sy plan van redding vir ons!

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)

Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.

More

Ons wil graag Werner Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.linkedin.com/in/werner-strauss-sts