Die Wetboeke (Die Groot Storie Leesplannne no. 2)Voorbeeld

Omswerwinge (Eksodus)
Eksodus is so ‘n opwindende boek, vol van die grootste wonderwerke in die geskiedenis van die mensdom. Geen wonder Hollywood het al ‘n fliek of twee oor verhale uit Eksodus gemaak nie. Prominente wonderwerke is die tien plae, waar God die Rooisee oopmaak vir die Israeliete en waar Moses op die berg met God praat en die tien gebooie kry wat God self met Sy eie vinger op klipplate geskryf het!
Maar Eksodus het ook baie meer as net die bekende wonderwerk gedeeltes. Daar is verhale, besonder minder bekende verhale, bv. die geskiedenis en roeping van Moses, hoe die Leviete mense wat die goue kalf aanbid het doodgemaak het, die oprigting van die tabernakel en nog. Al die verhale hou geestelike beginsels in vir ons.
Meer as enige ander verhaal in die Bybel, is die redding van Israel uit Egipte seker die grootste parallel van hoe ons vrygemaak word uit sonde en die mag van die duiwel wanneer ons Jesus aanneem. Die Paasfees wat in Eksodus ingestel word, is dan ook ‘n direkte heen wyse na Jesus se verlossingswerk aan die kruis.
Van die belangrikste karakters wat ons in Eksodus ontmoet is: Miriam, Moses, Aaron, die Farao en baie ander.
Aangaande hierdie leesplan

Die Groot Storie se reeks leesplanne help jou om die Bybel beter te verstaan, spesifiek hoe alles in mekaar pas. Dit is veral sinvol vir ‘n gelowige wat nie verstaan hoe die Ou en Nuwe Testament by mekaar inpas nie. Die reeks leesplanne help jou veral sien hoe God se verlossingsplan vir die mens soos ‘n goue draad reg deur die hele Bybel span. “Die Wetboeke”, gee jou insig in die eerste vyf boeke van die Bybel.
More
Ons wil graag Werner Strauss bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.linkedin.com/in/werner-strauss-sts