EsterVoorbeeld

‘n Gewillige Hart
Lees: Ester 2:19-23; Spreuke 19:20
SOAP: Spreuke 19:20
“Luister na raad, aanvaar wat jou geleer word, sodat jy uiteindelik wysheid kan hê.”
Oordenking
As volgelinge van Christus begeer ons almal om op ‘n hoogtepunt af te sluit en die woorde te hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienaar”. In ons wandel met God wil ons hê ons geloof moet sterker word, ons liefde vir God dieper, en dat ons woorde sy wysheid sal weerspieël. Niks hiervan kom egter vanself nie – dit vra nederigheid en bereidheid om te leer, veral by diegene wat al langer as ons saam met God gestap het.
Spreuke 19:20 herinner ons dat ware wysheid dikwels verkry word deur na raad te luister en onderrig te aanvaar. Dit kan moeilik wees, veral wanneer ons dink ons het reeds alles onder die knie. Maar ‘n hart wat bereid is om te leer, is ‘n hart wat groei. Net soos Ester na Mordegai se raad geluister het, moet ons ook leiding soek by verstandige, godvresende mense wat ons met ons lewensbesluite kan help.
Namate ons groei in ons geloof, is dit belangrik om leerbaar te bly. ‘n Nederige hart neem altyd die houding van ‘n leerling aan, gretig om te groei en te leer by diegene wat meer gevorderd is. Maar, nog belangriker, moet ons voortdurend wysheid gaan vra by die Een wat oor alle kennis beskik – ons liefdevolle Vader.
Miskien voel jy vandag dat jy meer leiding of duidelikheid nodig het. Maak ‘n punt daarvan om diegene op te soek wat al jare lank ‘n pad saam met die Here stap sodat jy by hulle kan leer. Die belangrikste, egter: moet nooit versuim om tyd deur te bring metdie Wood van God nie, van waar ware wysheid voortkom. God is altyd gereed om jou te lei as jy ‘n hart het wat bereid is om te volg.
Gebed
Dierbare Jesus, help my om nederig en altyd ontvanklik vir u wysheid te wees. Omring my met mentors en godvresende vriende wat vir my ‘n voorbeeld kan stel van hoe dit lyk om saam met U te wandel. Gee vir my ore wat gretig is om te luister en ‘n hart wat gewillig is om u onderrig te gehoorsaam. Amen.
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans