EsterVoorbeeld

Oordenkingsvrae:
1. As ons kyk na Ester 3:1-6, wat was Haman se volksverband (v. 1)? Wat was Mordegai se volksverband (v. 4)?
2. Satan was nog altyd daarop uit om die Joodse volk te vernietig en hierdie keer het hy vir Haman gebruik. Hoekom wou Satan Mordegai en Ester se volk vernietig?
3. Mordegai het vir Ester gevra om haar lewe op die spel te plaas vir haar volk. Wat was die gevolge vir Ester indien sy die koning sou nader sonder dat hy haar laat roep het?
4. Wat het Mordegai vir Ester gesê sal gebeur indien sy sou kies om stil te bly en nie op te staan vir haar volk nie? Wat is ons verantwoordelikheid om te praat namens dié wat nie kan nie?
5. Watter twee dinge vra Ester vir haar volk om vir haar te doen? Hoekom is dit belangrik om hierdie dinge te doen?
Aangaande hierdie leesplan

In 'n wêreld wat daagliks 'n uitdaging op ons geloof plaas, is dit meer belangrik as ooit om sterk en dapper te wees en op te staan vir wat reg is. Die boek Ester is tydloos en is net so toepaslik vir ons lewens vandag. Kom ons leer van Ester om te kies om dapper te wees en die regte ding te doen, te midde van onsekerheid.
More
Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.lovegodgreatly.com/Afrikaans