BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die SkrifVoorbeeld

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

DAG 1 VAN 8

’n Wonderlike Gebeurtenis of Lewensweg?

Welkom by die eerste dag van die leesplan "Die Eksodus-weg", wat ironies genoeg nie oor die boek Eksodus handel nie. In plaas daarvan sal ons 'n reeks verwante verhale, soortgelyk aan Eksodus, ondersoek om die eksodus nie as 'n enkele gebeurtenis nie, maar eerder as 'n lewensweg te beskou.

Ons sal oomblikke beklemtoon wanneer ‘n persoon of groep mense redding nodig het (‘n uitweg), God se verlossing ontvang ('n weg deur), en dan een soort lewe verlaat deur ‘n ander te begin (‘n weg in). Dit is die Eksodus-weg. Ons begin in Genesis waar Abraham en Sara uit ’n onmoontlike situasie in Egipte gered word, eeue voordat Moses en die Israeliete op dieselfde plek bevryding ervaar het. In Genesis 12:1-20 belowe God om Abraham (wat oorspronklik Abram genoem is) met ‘n groot familie te seën sodat hulle al die ander families in die wêreld kan seën. Abraham en sy vrou, Sara (eers genoem Sarai), vertrou op God en volg Hom. Wanneer daar ernstige hongersnood kom, trek hulle na Egipte sodat hulle nie van honger sal sterf nie. Dan kom die verwoestende wending. Die farao wil Sara vir homself hê. Abraham is vreeslik bang vir die farao, dus lieg hy en sê dat Sara sy suster is. Van daar af raak alles vinnig buite beheer. Abraham en Sara bevind hulle in 'n onmoontlike situasie – hulle staar definitief die dood in die gesig.

Maar dan, in Genesis 12:17-20, tree God in met plae. Die farao laat die egpaar toe om weg te gaan – 'n eksodus – en hulle lewensveranderende reis saam met God voort te sit.

Let op hoe hierdie patroon homself herhaal soos ons verder lees – desperate situasies, Goddelike ingryping en bevryding tot nuwe maniere van lewe. Ja, mense beweeg van slegte situasies na goeies, maar dit lyk of elke verhaal ook veranderinge in mense se lewenswyse insluit.

Kyk na die video "Die Eksodus-weg" om meer te leer en jouself te oriënteer volgens die literêre patrone wat ons regdeur hierdie leesplan sal naspoor.

Vrae vir nadenke:

Omdat hy vreesbevange is en besluit om leuens te gebruik, bevind Abraham homself in 'n verskriklike situasie. Ondanks Abraham se optrede, kies God om in te gryp en Abraham en Sara te red. Wat wys dit omtrent God se karakter of natuur?

God begin Abraham se verhaal met ‘n belofte om hom en sy familie wonderbaarlik te seën. Waarom sou God besluit het om hom so te seën? Lees Genesis 12:1-3 aandagtig (veral vers 2) en beskryf in jou eie woorde God se uiteindelike doel waarom Hy vir Abraham en sy familie so seën.

Dag 2

Aangaande hierdie leesplan

BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die Skrif

Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.

More

Ons wil graag BibleProject bedank vir hierdie plan wat hul ontwerp het. Besoek gerus: www.bibleproject.com vir meer inligting.