BibleProject | Ontdek die tema van die Eksodus-weg in die SkrifVoorbeeld

Hagar se Omgekeerde Eksodus
Vandag sien ons die omgekeerde Eksodus-weg deur die verhaal van Hagar, ’n Egiptiese slavin wat deur Abraham en Sara onderdruk word. Wag – wat? Praat van ironie.
Aanvanklik is Sara bly oor God se belofte om vir haar ’n seun te gee, maar swangerskap kom nie vinnig nie. Sy word kwaad, selfs beskuldigend teenoor God, en in haar ontevredenheid onderdruk en mishandel sy vir Hagar.
Eerder as om dus hierdie beloofde seun volgens God se voorwaardes te ontvang beraam Sara ’n plan om op haar eie manier ’n seun te kry — deur haar slavin, Hagar, te dwing om Abraham se kind te dra (Genesis 16:1-3).
Hagar kry 'n seun, Ismael. Uiteindelik word Sara toe swanger met Isak, die seun wat God oorspronklik belowe het. Sara trek vir Isak voor en wil hê dat Ismael weg moet gaan; daarom jaag sy vir Ismael en Hagar die woestyn binne. Dit is ’n wrede toneel, maar daar gebeur ook iets positiefs hier.
Hagar noem haar seun Ismael, wat “God hoor” beteken – ’n voortdurende herinnering dat God Hagar se ellende en onderdrukking hoor. Hy red Hagar en stuur haar in die woestyn in waar Hy haar en Ismael se lewens bewaar (Genesis 21:8-21).
Let op die ironiese wending. God bevry vir Hagar, 'n Egiptiese slavin, van onderdrukking deur 'n Hebreeuse gesin. Eeue later sal Abraham en Sara se massiewe familie deur ’n Egiptiese koning tot slawe gemaak en wreed onderdruk word, maar God sal hulle ook verlos.
Dit is waarheen ons volgende op pad is – Moses se konfrontasie met die farao en Israel se groot eksodus uit Egipte.
Vraag vir nadenke:
Wanneer die farao vir Abraham en Sara verdruk, red God hulle. Wanneer Sara en Abraham ’n Egiptenares (Hagar) onderdruk, red God vir Hagar. Wat sê dit oor hoe God mense sien?
Watter ander stories of dele van die groter verhaal herinner jou aan die eksodus-patroon wat ons tot dusver opgespoor het?
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie leesplan volg die tema van die Eksodus-weg deur fundamentele verhale in die Ou Testament, sleutelvertellings oor Johannes die Doper, Jesus — en ander gedeeltes waar die hele skepping verlossing ervaar. Saam stel hierdie gedeeltes die eksodus nie as een gebeurtenis voor nie, maar as God se primêre manier van redding – ’n uitweg uit die duisternis, deur herskepping en 'n nuwe lewe in.
More
Ons wil graag BibleProject bedank vir hierdie plan wat hul ontwerp het. Besoek gerus: www.bibleproject.com vir meer inligting.