Reis deur Handelinge in 10 daeVoorbeeld

Dag 5: God kan enigiemand verander
Ons lees vandag Handelinge 12–14, en fokus spesifiek op Handelinge 9:15 (2020 vertaling)
Handelinge 9:15
Maar die Here sê vir hom: “Gaan, want Ek het hom uitgekies as instrument om my Naam uit te dra na nasies en na konings en na Israel.
Oordenking:
Saulus, die vervolger van die gelowiges, word Paulus, die apostel. Niemand is buite die bereik van God se genade nie. God gebruik selfs ons verlede tot sy eer. In hierdie spesifieke verse vind ons dat Saulus so pas vir Jesus in die Gees ontmoet het en met blindheid geslaan is. In Damaskus, waarheen hy op pad was, kry ‘n gelowige ‘n opdrag met hierdie woorde: “Ek het hom uitgekies ...”
Hierdie woorde sal jou net ontstel as jy onseker is oor hoe God werk, maar hierdie gelowige is nie onseker oor hoe God werk nie. God kan enige iemand gebruik. God gebruik egter ook mense op unieke wyses, unieke maniere en unieke tye.
God kan enige iemand verander op ‘n unieke oomblik en vir ‘n unieke rede. In Handelinge 12 tot 14 sien ons hoe hierdie selfde Paulus die evangelie verkondig. Wanneer jy Handelinge 9:15 lees, verstaan jy waarom Handelinge 12 tot 14 gebeur soos wat dit het.
Paulus het verstaan dat hy ‘n spesifieke roeping gehad het. Jy het ook ‘n unieke roeping.
Praktiese uitleg:
Moenie iemand of jouself afskryf nie. Vertrou dat God enige hart kan verander.
Geloofsvrae:
- Wie in jou lewe dink jy is te ver van God af?
- Hoe kan jy hulle in liefde dra en aanhou glo vir hulle verandering?
Gebed:
Here, ek glo dat U groter is as enige verlede. Werk asseblief in my lewe en in die lewens van mense vir wie ek bid. Amen.
Aangaande hierdie leesplan

As gelowiges is dit so belangrik om saam te reis deur Bybelboeke. Hierdie reeks is bedoel vir elkeen wat wil reis deur die Boek Handelinge met 'n spesifieke fokus op sekere tekste en wat dit vir ons sê van die kerk. Sluit aan by ons.
More
Ons wil graag Kerksondermure bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.ksm.co.za