30 Dae in PsalmsVoorbeeld

30 Dae in Psalms

DAG 7 VAN 30

Bid in die aangesig van onreg en boosheid

"Beëindig tog die boosheid van goddeloses; maar hou die regverdiges staande, U wat hart en niere toets, o regverdige God!” (Psalm 7:10 AFR20).

Die lewe is dikwels onregverdig. Ons kan gefrustreerd en mismoedig voel wanneer ons rondom ons sien (of selfs in ons eie lewens ervaar) hoe “die boosheid van die goddelose” soveel goeie dinge versteur en beskadig. Ons wil geregtigheid en liefde nastreef, maar soms lyk dit net na 'n hopelose poging. Die invloed van sonde is oorweldigend.

In hierdie Psalm spreek Dawid sy frustrasie uit wanneer hy onregverdig behandel word. Hy sien dit nie as 'n geïsoleerde geval nie, maar as 'n voorbeeld van die goddeloosheid wat hierdie sondige wêreld vul en wat deur God aangespreek moet word. Hy weet dat God uiteindelik die regte en regverdige orde op hierdie aarde sal herstel, en hy roep die Here aan om dit nou dadelik te doen.

Dit is die beste ding wat ons kan doen wanneer die goddeloosheid van hierdie wêreld ons oorweldig: stort ons harte voor God uit en herinner onsself aan sy belofte van 'n nuwe aarde, waar geregtigheid woon (2 Petrus 3:13). Verlang jy na hierdie nuwe wêreld? Hoe dink jy sal hierdie wêreld wees?

Aangaande hierdie leesplan

30 Dae in Psalms

Die boek Psalms bevat 150 gedigte en liedere. Dit is gedigte wat die pyn, vrees, vreugde en hoop uitdruk van mense wat hul vertroue in God stel. Hierdie 30-dae leesplan nooi jou uit om te ontdek hoe die eeueoue woorde jou kan help om jou eie emosies uit te druk, nuwe hoop te vind en jou geloof te versterk.

More

Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.globalrize.org