30 Dae in PsalmsVoorbeeld

n Loflied
“Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde, U wat u luister bo die hemelruim vestig” (Psalm 8:2 AFR20).
Vandag se Psalm is 'n loflied oor God se majesteit en heerlikheid. Ons Here is groot, beide op aarde en in die hemel!
Dawid kyk na die hemel, die maan en die sterre. God het hulle in plek gestel, wat duidelik demonstreer hoe groot Hy is. In vergelyking met Hom, is ons maar klein en nietige mensies. Nietemin het God ons “met eer en majesteit gekroon” (Psalm 8:6 AFR20) en ons in beheer van alles geplaas wat Hy gemaak het.
Dawid verwonder hom oor die Here en oor die spesiale posisie wat Hy aan ons mense gegee het. Hy kan dit nie verstaan nie. Hy loof God daarvoor: “Here, ons Heer, hoe magtig is u Naam oor die hele aarde!” (Psalm 8:10 AFR20).
Wanneer jy dink aan God se grootheid, soos weerspieël in die skepping en oor sy spesiale sorg vir ons mense, sluit jy aan by Dawid in sy lied? Is jou hart gevul met vreugde en eerbied vir die Here God?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan

Die boek Psalms bevat 150 gedigte en liedere. Dit is gedigte wat die pyn, vrees, vreugde en hoop uitdruk van mense wat hul vertroue in God stel. Hierdie 30-dae leesplan nooi jou uit om te ontdek hoe die eeueoue woorde jou kan help om jou eie emosies uit te druk, nuwe hoop te vind en jou geloof te versterk.
More
Ons wil graag GlobalRize bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: www.globalrize.org
Verwante Leesplanne

Die Verlosser wat Uitreik na Ons - 'n Studie oor die Nabyheid van God van die Krip tot die Kruis

Van die Begin tot in Ewigheid

’n Sterk Man is Wys

Wanneer dit Moeilik is om te Vergewe

BibleProject | Verlossing in die Bybelverhaal

God wat Wondere Doen: Niks is vir God Onmoontlik nie

Ek Voel Verwerp

Daaglikse Bemoediging vir Vroue
