Dade Wat BouVoorbeeld

Dade Wat Bou

DAG 1 VAN 3

Impak van jou dade

In Spreuke 14:1 (AFR83) lees ons: ‘"n Wyse vrou sorg vir haar huis; ’n vrou sonder wysheid breek alles af."

Wat is jy besig om met jou dade reg te kry – breek jy af of bou jy op?

Hier is ‘n paar voorbeelde:

  • Is jou huis ‘n plek waar mense gekoester word en waar hulle God se liefde en vrede kan ervaar? 1 Petrus 4:9 (AFR83) stel dit so: "Wees gasvry teenoor mekaar sonder om te kla."
  • Hoe tree jy op teenoor mense in nood? Spreuke 31:20 (AFR83): "Sy het ’n oop hand vir die armes, sy is vrygewig teenoor die behoeftiges."
  • Laastens kan jy jouself afvra: Is jou gedrag teenoor mans opbouend of uitlokkend? Die riglyn hiervoor kom uit 1 Tessalonisense 4:3 (AFR83): "Dit is die wil van God dat julle heilig moet lewe. Weerhou julle van onsedelikheid."

Jy besef dalk nie watter groot impak jou dade op ander se lewens maak nie. Ons is almal in die proses om te bou of af te breek, wat gaan jy vandag doen?

Aangaande hierdie leesplan

Dade Wat Bou

Hierdie 3-dagleesplan uit Spreuke sal jou help om te besef hoe jou daaglikse keuses jou huis en ander mense beïnvloed. Spreuke 14 herinner ons dat ’n verstandige vrou bou, terwyl ’n dwase vrou afbreek. Hierdie leesplan daag jou uit om jou gedrag, gasvryheid en reaksie teenoor mense in nood te ondersoek. Jy word ook aangemoedig om doelgerig te leef en elke geleentheid as ’n belegging vir die toekoms te sien. Laastens wys Spreuke 31 dat ware diens en ywer nie onderdrukking is nie, maar wysheid.

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: reviveourhearts.co.za