Dade Wat BouVoorbeeld

Dade Wat Bou

DAG 3 VAN 3

‘n Lewe van diens maak ‘n impak

Lang ure, ondankbare take, geen etenstye en geen ruskansies nie.

Vir ons moderne ore klink die eise van ma en huisvrou wees neerdrukkend. In Spreuke 31 sien ons 'n ander prentjie. Die vrou wat hier beskryf word, is nie gefokus op selfvervulling nie. Sy stel nie daarin belang om haar eie loopbaan te bevorder of bekend te wees vir haar persoonlike prestasies nie. Dit lyk eerder asof sy glad nie bekommerd is oor haar eie belange en behoeftes nie. Sy fokus ook op die behoeftes van haar man en kinders.

Die Bybel vertel ons nogal baie van hierdie vrou:

  • Haar man steun op haar.
  • Sy werk met ywerige hande.
  • Sy reik uit na hulpeloses en behoeftiges.
  • Sy praat met wysheid en liefdevolle onderrig is op haar tong.
  • Haar kinders tree na vore en noem haar gelukkig.
  • Haar man besing haar lof.

Hierdie is ‘n bekende Skrifgedeelte waaroor daar dikwels spottenderwys gepraat word, maar het jy self al tyd afgestaan en dit mooi bestudeer? Wat leer jy uit hierdie vrou se lewe wat jy in jou eie lewe toe kan pas?

Spreuke 14:1 (AFR83): "’n Wyse vrou sorg vir haar huis; ’n vrou sonder wysheid breek alles af."

Seeking Him Podcasts - Nancy DeMoss Wolgemuth

Revive Our Hearts

Aangaande hierdie leesplan

Dade Wat Bou

Hierdie 3-dagleesplan uit Spreuke sal jou help om te besef hoe jou daaglikse keuses jou huis en ander mense beïnvloed. Spreuke 14 herinner ons dat ’n verstandige vrou bou, terwyl ’n dwase vrou afbreek. Hierdie leesplan daag jou uit om jou gedrag, gasvryheid en reaksie teenoor mense in nood te ondersoek. Jy word ook aangemoedig om doelgerig te leef en elke geleentheid as ’n belegging vir die toekoms te sien. Laastens wys Spreuke 31 dat ware diens en ywer nie onderdrukking is nie, maar wysheid.

More

Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: reviveourhearts.co.za