Dade Wat BouVoorbeeld

Gebruik elke geleentheid
Gestel ‘n tiener seun sê vir jou: "Ek wil baie gereeld dink aan die dag wat ek my laaste asem hier op aarde gaan uitblaas."
Dit sal my nogal onkant vang. Ek sal baie bekommerd wees oor so 'n jong man. Maar hierdie was die woorde van die legendariese Jonathan Edwards, wat voor die ouderdom van twintig, sewentig resolusies of lewensbesluite vir homself neergeskryf het.
Edwards was wys genoeg om te besef dat hy die meeste van die lewe moes maak, aangesien die dood 'n werklikheid vir almal is.
Jonathan het gesê hy het gereeld gehoor hoe ouer mense sê: “Ek sou ander keuses gemaak het, as ek geweet het wat ek nou weet.”
Hier was 'n jong man wat na ouer mense gekyk het, en hy hoor hoe hulle met heimwee sê: "Ek sal dit graag anders wil doen as ek weer die geleentheid kry."
Edwards wou nie hê dit moet met hom gebeur nie, daarom het hy dwarsdeur sy lewe mooi oor die lewe en sy keuse en die impak van sy lewe gedink. Hy wou aanpassings maak waar nodig terwyl hy nog tyd gehad het om daaraan te werk. Hy het met ‘n doelbewuste plan gelewe.
Watter impak het jou huidige lewenswyse op ander en ook op die manier hoe jy gaan oud word?
Efesiërs 5:15–16 (AFR83): "Wees baie versigtig hoe julle lewe: nie soos onverstandige mense nie, maar soos verstandiges. Maak die beste gebruik van elke geleentheid, want ons lewe in ’n goddelose tyd."
Psalm 90:12 (AFR83): "Leer ons ons dae so gebruik dat ons wysheid bekom."
Filippense 4:8–9 (AFR83): "Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is – watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees – daarop moet julle julle gedagtes rig. En wat julle van my geleer en ontvang het, en gehoor en gesien het, dit moet julle doen. En God wat vrede gee, sal by julle wees."
Romeine 13:14 (AFR83): "Nee, julle moet lewe soos volgelinge van die Here Jesus Christus en nie voortdurend daarop uit wees om julle sondige begeertes te bevredig nie."
Wat kan jy vandag doen wat 'n belegging vir die res van jou lewe, en daarna, sal wees? Wat moet jy in jou lewe verander sodat jy nie eendag vol verwyte is nie?
Aangaande hierdie leesplan

Hierdie 3-dagleesplan uit Spreuke sal jou help om te besef hoe jou daaglikse keuses jou huis en ander mense beïnvloed. Spreuke 14 herinner ons dat ’n verstandige vrou bou, terwyl ’n dwase vrou afbreek. Hierdie leesplan daag jou uit om jou gedrag, gasvryheid en reaksie teenoor mense in nood te ondersoek. Jy word ook aangemoedig om doelgerig te leef en elke geleentheid as ’n belegging vir die toekoms te sien. Laastens wys Spreuke 31 dat ware diens en ywer nie onderdrukking is nie, maar wysheid.
More
Ons wil graag Revive Our Hearts South Africa bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek asseblief: reviveourhearts.co.za




