Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieVoorbeeld
Lei Jouself
Jy kan onmoontlik uitkom waar jy wil wees sonder om te weet waar jy tans is. Hoekom? Want om jouself goed te lei, vereis 'n deeglike bewustheid van waar jy tans is en dis waar jy dan begin. Dis so uiters belangrik om dit te doen, maar dit is nie maklik om dit alleen te doen nie.
Oor en oor in die Psalms, modelleer Dawid vir ons hoe dit lyk om genadeloos nuuskierig te wees oor wat in sy eie hart aan die gang is. “Ondersoek my, o God. Toets my. Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie …” Dit is opreg. Dit is eerlik. Dit kan wreed wees. Na regte kan dit ook brutaal wees.
Onthou jy die frase: wat jy nie weet nie sal jou nie seermaak nie? Dit is belaglik. Wat jy nie weet nie het jou seergemaak en sal jou ook in die toekoms seermaak. En dit is jou verantwoordelikheid om jouself goed te lei deur presies te weet waarin jy goed is, wat ander mense pla, en wat jou blinde kolle is.
So, vra vandag vir iemand:
1) Waarin is ek goed?
2) Wat hou my terug?
3) Wat is die blinde kolle in my lewe?
Skrif
Aangaande hierdie leesplan
Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om hulle invloed los te laat waar hulle ook al kom.
More
Ons wil graag die Noordpunt Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://clayscroggins.com |