Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is NieVoorbeeld

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

DAG 4 VAN 5

Dink Krities 

  

Om maar net positiwiteit te kies, sal nie invloed kweek by jou werkgewer en die mense om jou nie. 'n Positiewe houding, gekombineer met die vermoë om krities te dink, is egter 'n kragtige kombinasie.  Kritiese denkers voeg waarde toe tot enige posisie en omstandigheid waarin hulle hulself bevind.  Die gevaar is egter dat kritiese denke kan oorgaan in 'n kritiese gees.  Die lyn tussen kritiese denke en 'n kritiese gees is geweldig dun. 

Kritiese mense dra 'n notaboek saam waarin hulle ander kan gradeer, maar kritiese denkers dra 'n handdoek waarmee hulle ander wil help.  As daar enige iemand is wat die reg het om ander te gradeer, is dit die perfekte, sondelose Seun van God, maar Jesus het nooit 'n notaboek gedra nie. Hy het 'n handdoek gedra.  Jesus het nie gekom om die wêreld te veroordeel nie; Hy’t gekom om die wêreld te red.  Hy was baie meer geïnteresseerd daarin om ander te help as om hulle te gradeer.

So, dink positief.  En wees  ook 'n kritiese denker.  Wees bekend as 'n persoon wat waarde toevoeg, 'n probleemoplosser.  Soos wat jy die vermoë om krities te dink najaag, hou hierdie beeld in jou gedagtes; die prentjie van Jesus op sy knieë, handdoek in die hand, besig om die vuil voete van sy dissipels te was.  Die skepper van sterre en sterrestelsels het vir ons 'n prentjie gegee van wat ons die meeste nodig het — om gedien en skoongewas te word in ons hart van harte.  Jesus het vir ons gedoen wat ons die meeste nodig gehad en die minste verdien het.  Hy kon ons gegradeer het, uitgewys het waar ons misluk en die doel gemis het, maar Hy het nie. In plaas daarvan, het Hy ons bekend gestel aan die radikale konsep van diensbare leierskap, deur 'n handdoek te gryp en die notabooek te laat val.  Om krities te dink is noodsaaklik as jy 'n leier wil word wat lei wanneer jy nie in beheer is nie.  En soos wat jy leer om krities te dink, moet jy nooit vergeet dat die handdoek die manier is waarop God ons lei, en dat dit altyd meer kragtig is as die notaboek.

1) Wat doen jy wat waarde toevoeg tot die span waarvan jy deel vorm?

2) In jou pogings om waarde toe te voeg en krities te dink, het jy al sinies, negatief of pessimisties geraak? 

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Hoe Om Te Lei Wanneer Jy Nie In Beheer Is Nie

Laat jy toe dat jou gebrek aan outoriteit jou verlam? Een van die grootste mites van leierskap is dat jy in beheer moet wees om te kan lei. Goeie leiers koop dit nie. Goeie leiers lei met of sonder outoriteit en leer om hulle invloed los te laat waar hulle ook al kom.

More

Ons wil graag die Noordpunt Ministries bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: https://clayscroggins.com