Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 3 VAN 7

VERWERPING MOET VAL 

Dawid was maar net `n tiener toe hy by die geveg tussen die Israeliete en Filistyne opgedaag het. Hy was nie `n lid van die weermag nie, maar het net voorrade vir sy broers kom aflewer. Soos wat hy in die kamp ingestap het, het hy Goliat se uittarting gehoor – en het gevra wie gaan hom “gelyk maak met die grond”? sy broer het nie sy nuuskierigheid waardeer nie. Let op die teks: “Dawid se broer Eliab het gehoor wat y met die manskappe praat en Eliab het hom vir Dawid vererg en gesê: Waarom het jy hierheen gekom…?” (1 Sam. 17:28)

Sy reaksie is nie `n verrassing as ons die res van die verhaal ken nie. In 1 Samuel 16 lees ons hoe Samuel na Isai se huis toe gekom het om `n nuwe koning vir Israel te salf. Isai het by die oudste, Eliab, begin. Eliab was die goortste, oudste, en die sterkste van al die broers. Sekerlik sou hy die nuwe koning word. Maar God sê, “Nee. Nie hy nie.” Ongetwyfeld het Eliab verwerp gevoel. Die sisteem het onderstebo voorgekom. Hy was nie gekies as koning nie. Nee, die jongste broer was – die broer wat nie eers in tel was nie. Eliab het verwerp gevoel, en verwerpte mense verwerp mense.

Niemand van ons voel ons is goed genoeg nie. Of oulik genoeg nie. Of aanvaarbaar genoeg nie. Soveel soos wat ons wens dit was nie so nie, maak ander mense se opinies saak. `n Woord van verwerping, selfs iets kleins wat nie eers bedoel was om ons seer te maak nie, kan klou en steek. `n Klein saadjie van verwerping kan wortel skiet en chaos bring in seisoene wat kom. Dis nie lank nie, of ons vergeet dat God ons geskep het vir `n doel en met `n plan. Ons vergeet dat Hy ons nie vra om onsself met ander te vergelyk nie of iemand anders se wedloop te hardloop nie. Ons verloor sig van ons wonderbaarlike beginb en ons herskepping in die persoon van Christus. Dit is nie lank voor ons beleef dat ons gepynig word deur hierdie reus van verwerping nie.

Om die oorwinning van Jesus oor die reus van verwerping te ervaar kom deurdat ons onsself sien soos wat ons hemelse Vader ons sien – as sy dierbare en geliefde kind. Soos Paulus geskryf het, “En omdat ons kinders is, is ons ook erfgename. Ons is erfgename van God, erfgename saam met Christus. Aangesien ons deel het aan sy lyding, sal ons ook deel hê aan sy heerlikheid.” God het jou nie aanvaar oor enige iets wat jy gedoen het nie, maar net omdat Hy jou lief gehad het (1 Johannes 4:19). Wat meer is, is dat God jou so liefgehad het dat Hy bereid was om `n enorme koste aan te gaan om jou Syne te maak: die dood van sy eie Seun, Jesus, aan die kruis.

Stel jouself voor, Jesus wat vandag in jou oor fluister, “Ek het jou regtig, regtig lief. Ek is reeds tevrede met jou!” Dit mag laf voel om te dink dat die God van die hemel – die Skepper van die heelal – jou persoonlik ken. Baie van ons is oorstelp wanneer ons 30 “like’s” op sosiale media kry. En tog dink die God van die heelal aan jou (Psalm 8)! Hy het jou kom soek (sien Lukas 15:3-7).

Selfs voor jou geboorte, het God op rekord gegaan en gesê, “Ek kies jou as My eie.” Hierdie waarheid behoort `n gevoel van aanvaarding in jou te kultiveer. Jou waarde is nie opgesluit in wat jy bereik nie, maar in die feit dat Jesus vir jou gegee is. jy is gemaak om aanvaar en omarm te word deur jou hemelse Vader. Jy is gemaak om liefgehê word, kosteloos. Jy leef vanuit sy aanvaarding, nie vir die aanvaarding van ander nie. Soos wat jy dit besef, sal die reus van verwerping in jou lewe val.

Reageer

Watter redes het jy om diep aanvaar te voel deur God? Watter van hierdie redes is alreeds prominent in jou gedagtes? Watter is nie?

In watter opsig kan jy sê, “God het my gekies”? Wat beteken dit vir jou? Waarom is dit so belangrik?

Wat is die verskil tussen om te leef vir aanvaarding, teenoor om vanuit dit te leef? Hoe kan jy dit prakties toepas?

Dag 2Dag 4

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry dit `n vastrapplek in jou hart. In hierdie sewe-dag leesplan, ondersoek Louie Giglio die verhaal van Dawid en Goliat om te wys hoe hierdie reuse kan val: deur te fokus op die grootte van ons God, nie die hoogte van jou reuse nie, en deur in die oorwinning te loop wat Jesus reeds behaal het.

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com