Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 4 VAN 7

GEMAK MOET VAL 

Dit mag vreemd klink om aan gemak te dink as `n reus — as iets wat ons beledig en ons lewens seer maak. Ons almal begeer om `n veilige omgewing vir ons familie te voorsien. Ons hou daarvan om aan die einde van `n dag terug te lê, ons skoene uit te skop, en `n lekker reeks op TV te kyk.  Ons hou van dinge georden in ons lewe, nie chaoties nie. Niks van hierdie dinge is op sigself dodelik nie. Die probleem ontstaan egter wanneer die begeerte vir veiligheid en sekuriteit die dominante tema van ons lewe word.

In die storie van Dawid en Goliat sien ons hoe hierdie begeerte die nasie van Israel belemmer het.  Die Israeliete het elke dag hul gevegskreet uitgeroep.  Hulle het aangetrek en na die gevegsfront beweeg. Hulle het God aan hulle kant gehad.  Maar vir veertig dae is hulle verhinder om vorentoe te beweeg weens die verleiding van gemak.  Goliat het elke dag uitgekom, en die Israeliete het elke dag gesê, “Nie vandag nie.  Te gevaarlik.  Kom ons bly in die tente waar dit veilig is.” 

Die prentjie wat ons miskyk in hierdie storie is dat Dawid op die toneel gekom het en in een dag gedoen het wat die weermag van Israel nie in staat was om in `n maand en `n half te doen nie.  Elke dag het hulle gewankel.  Elke dag het hulle gemak hulle teruggehou.  Elke dag het die reus bly kom en kom en kom.  Toe verskyn Dawid en sê, “Dit is malligheid.  Hierdie gaan vandag end kry.”

God wil hê jy moet dienooreenkomstig verby gemak kyk en erken dat daar iets van ewige betekenis is vir jou om teen te kompeteer.  Hy roep jou tot `n groter doel as wat blote gemak kan voorsien. Hy wil vir jou ware invloed gee.  Hy wil jou op paaie van geregtigheid lei ter wille van die eer van sy Naam.  Hy wil jou laat uitstap in gehoorsaamheid aan sy wil. Hy nooi jou vandag uit om gereed te maak, saam te trek rondom sy gevegskreet en teenoor die vyand stelling in te neem. 

Om oorwinning oor die vyand van gemak te behaal beteken om hierdie oproep te beantwoord. Dit beteken `n weiering om te wag vir “al die stukke om in lyn te kom” voor jy `n skuif maak. Dit behels `n gewilligheid om in `n rigting te beweeg wat aanvanklik nie bekend voel nie. Dit beteken dat jy verstaan dat wat die meeste vir God saak maak is om in sy krag te beweeg, eerder as jou eie.  Sodra jy dit verstaan, is jy gereed vir die geveg.  Jy is dan gereed om in die posisie gesit te word waar jy `n getuie kan wees van God se verlossing.

Onthou dat geloof floreer in ongemak. In dieselfde asem as wat die kruis vryheid gebring het vir jou, het dit pyn gebring vir Jesus. Dit is dikwels maklik om net terug te sit en die voorbeeld van iemand anders se lewe te volg – iemand anders wat “geroep” is om te gaan en die risiko te neem.  Maar die realiteit is dat God nie een van ons geroep het om die gevare van `n verlore en sterwende wêreld te vermy nie.  Inteendeel, Hy het ons geroep om die wêreld in te gaan met die swaard van die Gees in ons hande.  Hy wil hê ons moet sê, “So lank as dit nog dag is, moet ons die werk doen van Hom wat My gestuur het; die nag kom, wanneer niemand kan werk nie.”

Jou lewe op hierdie aarde is kort . . . maar God is groot.  So fokus op dinge met ewigheidswaarde terwyl jy hier is.  Jy leef op `n planeet met biljoene mense wat nog nooit van Jesus gehoor het nie.  As `n navolger van Christus, het jy die hoop.  Jy het die waarheid. Jy het die lewe.  Jy het Jesus.  Dit is wat saak maak: om Jesus geken te laat word. So tree toe tot die geveg in die Naam van Jesus!

Reageer 

Op `n skaal van 0 tot 5, hoe belangrik is gemak vir jou?  Hoekom was dit jou antwoord gewees?  Hoe speel jou begeerte vir gemak uit in jou lewe elke dag?

Kan jy enige areas sien waar jou begeerte vir gemak jou beperk in terme van wat jy vir God kan doen?  Indien wel, wat is daardie areas?

Soos wat sou dit kon lyk vir jou om uit jou gemaksone te tree ten einde God op `n manier te kan dien?  Hoe voel jy hieroor?  Hoe kan jy Jesus proklameer met jou lewe?

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry dit `n vastrapplek in jou hart. In hierdie sewe-dag leesplan, ondersoek Louie Giglio die verhaal van Dawid en Goliat om te wys hoe hierdie reuse kan val: deur te fokus op die grootte van ons God, nie die hoogte van jou reuse nie, en deur in die oorwinning te loop wat Jesus reeds behaal het.

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com