Goliat Moet ValVoorbeeld

Goliat Moet Val

DAG 5 VAN 7

WOEDE MOET VAL 

In die storie van Dawid en Goliat sien ons nie `n klomp woede by Dawid nie. Wat ons wel sien is `n klomp woedende mense rondom hom.  Een so `n individu, soos wat ons gesien het, was sy ouer broer: “en Eliab het hom vir Dawid vererg” (1 Samuel 17:28).  Eliab moes vir Dawid ondersteun het toe hy by die gevegsfront aangekom het.  Maar die woede in sy hart het vir `n geruime tyd geprut en gewag vir `n geleentheid om uit te breek.  En uitgebreek het dit wel. 

Woede vanself is nie noodwendig verkeerd nie.  Die Bybel openbaar dat daar `n tyd is om woedend te wees en `n tyd om jou woede reg uit te druk (sien Jakobus 1:19).  Jesus het selfs woedend gevoel by tye (sien Markus 3:5).  Woede word egter `n reus wanneer dit sy pad in jou lewe inwerk en onder die oppervlak prut, net soos in Eliab se geval. 

Een manier om te weet dat dit gebeur is wanneer jy woedend voel oor iets wat nooit gebeur het nie.  Miskien dink jy `n vriend het iets teen jou gedoen, maar in realiteit het hy of sy nooit nie.  Jou woede was verkeerdelik gevoel.  Of miskien het jy regtig `n goeie rede om woedend te wees, maar jy druk dit op die verkeerde maniere uit.  Soos Eliab, woed jy jou opgekropte woede na buite en maak mense seer.  Of miskien het jy tereg woede gevoel, maar laat na om dit uit te druk.  Onderdrukking van jou woede hou ernstige gesondheidsrisikos in en is waarlik een van die mees destruktiewe dinge wat jy kan doen.

So, hoe oorkom jy hierdie reus genaamd woede?  Hoe ervaar jy die oorwinning wat Jesus reeds hieroor verkry het?  Dit begin by `n erkenning dat blywende verandering selde onmiddelik arriveer.  God vorm jou lewe, bietjie vir bietjie.  Die sleutel tot ware verandering in jou geestelike lewe is om jouself deurlopend met geloof op te vul — en om voortdurend te belyn met dit waarmee Jesus in jou besig is.  Lees God se Woord en vervang jou woede met die waarhede wat jy daarin vind.  Vervang die woedende gesprekke wat jy in jou gedagtes het met gebede vir mense wat verkeerd teenoor jou opgetree het.  Belyn jouself met God se wil en nooi Jesus om volle heerskappy in jou hart te hê.

Dit help in hierdie opsig om jouself te herinner dat jy nie perfek is nie.  God het jou vergewe, sodat jy ander kan vergewe.  God het vrede gemaak met jou deur Jesus aan die kruis, so wanneer jy woedend is, jaag terug om die kruis.  Verstaan dat God jou wreker is, en Hy het jou vrygemaak om vrede te hê met ander.  Erken dat wat Hy vir jou gedoen het groter is as wat enigiemand ooit teen jou kan doen.  Deur Christus se krag is dit moontlik om diegene te vergewe vir wie jy woedend is — los die pyn wat jou lewe vergiftig het.

Dit is ook belangrik om te onthou dat jy `n seun of dogter van God is. Herinner jouself daagliks aan hierdie feit.  Jy was dalk deur ander verwerp en betekenisloos laat voel, maar in God se oë is jy liefgehê, veilig, verseker en betekenisvol.  Laat Jesus se stem uitstyg bo al die ander stemme in jou lewe. 

Om die reus van woede in jou lewe uit te haal, het op die ou end regtig te maak met die loslaat van beheer.  So doen wat Dawid gedoen het en fokus op God eerder as op die mense wat jou te na gekom het.  Soos wat jy doen, sal jy vry word om vorentoe te beweeg in God se krag en doen wat Hy jou geroep het om te doen.

Reageer 

Wat sal jy sê is `n gesonde manier om jou woede te hanteer?  Wat is jou normale manier om jou woede te hanteer? (Neem kennis dat as jy nooit kwaad word nie, is dít `n manier om dit te hanteer!) 

Hoe gereed is jy om te vergewe?  Is daar mense wat jy moeilik vind om te vergewe?  Hoekom? 

Hoe help dit jou om te besef dat jy `n geliefde seun of dogter van God is?  Wat beteken dit om aan God te dink as jou wreker?  Hoe help dit jou om nie `n wrok te hou teen `n ander persoon nie? 


Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Goliat Moet Val

Dis heel moontlik dat jy `n reus in jou lewe het wat jou gevange hou, jou intimideer, en jou vreugde steel. Teëstanders soos vrees, verwerping, gemak, woede, en verslawing steek `n kleim af en voor jy dit weet, verkry dit `n vastrapplek in jou hart. In hierdie sewe-dag leesplan, ondersoek Louie Giglio die verhaal van Dawid en Goliat om te wys hoe hierdie reuse kan val: deur te fokus op die grootte van ons God, nie die hoogte van jou reuse nie, en deur in die oorwinning te loop wat Jesus reeds behaal het.

More

Ons wil graag Louie Giglio en Harper Collins bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: goliathmustfall.com