Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 17 VAN 27

Lees: Filippense 3:12-14

SOAP: Filippense 3:12-14

Ons span ons in! Dit is die gevegskreet van ons harte, soos ons ons lewens elke dag leef, nie vir ons eer nie, maar vir Syne. Ons laat die verlede, die pyn, die hartseer en die teleurstellings los. Ons laat die gewig wat ons aftrek - tot in depressie en in wanhoop in - los, en in plaas daarvan kies ons om ons lewens in geloof te leef. Ons glo wat God in Sy Woord sê. In Christus is ons 'n nuwe skepping. Ons het 'n nuwe begin en ons kies om te hardloop. Ons hardloop ons wedloop vir God se glorie! Ons leun op Hom op die moeilike dae, want nou hardloop ons nie ons wedlope alleen nie; Jesus het ons Sy eie gemaak. Mag ons verheug in hierdie waarheid en ons wedlope vir God se glorie hardloop!

Dag 16Dag 18

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com