Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 18 VAN 27

Lees: Filippense 3:15-19

SOAP: Filippense 3:16

As Christene moet ons altyd in ons geloof groei. Niemand van ons sal "volwasse wees" in ons geloof tot op die dag wanneer ons Jesus van aangesig tot aangesig sien nie. Intussen moet ons dít wat ons van God ken, aktief op ons lewens toepas en Sy waarheid uitleef. Ons word geroep om in Christus te groei en in Hom te bly. Deur dit te doen, werk Hy elke dag in ons lewens om ons meer soos Hom te maak. Soos ons in ons geloof groei, moet ons nie vergeet dat God geduld met ons het nie; net so moet ons dieselfde geduld hê met onsself en met ander wat ook in hulle geloof groei.

Dag 17Dag 19

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com