Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 4 VAN 27

Lees: Filippense 1:15-18

SOAP: Filippense 1:18

"Maar wat maak dit saak?" Hierdie stelling het my al 'n paar keer op my plek gesit wanneer ek vind dat ek twyfel of iemand suiwer of selfsugtige motiewe het wanneer hulle Christus verkondig. Dit is nie hulle motiewe wat belangrik is nie, maar wat hulle preek. As hulle 'n valse evangelie gepreek het, sou Paulus met hulle gepraat het, maar dit was nie die geval nie. Op die ou end was Paulus verheug. Hy was verheug oor die feit dat die evangelie gepreek is; of dit deur hom was of iemand anders, het nie saak gemaak nie. Al wat saak gemaak het, is dat Christus verkondig is. Dit is 'n moeilike, maar belangrike les vir ons almal om te leer. Ons moet verenig wees soos ons Christus met die wêreld deel en mekaar aanmoedig, en nie bekommerd wees oor wie die eer kry nie. Ons name maak nie saak nie. Op die ou end sal die knieë net neerbuig voor een Naam: Jesus. Mag ons almal streef om sy Naam te verheerlik.

Dag 3Dag 5

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com