Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 5 VAN 27

Lees: Filippense 1:19-30

SOAP: Filippense 1:21, 27 

Om te lewe is Christus, en om te sterf, is wins. Wat het ons as Christene om te verloor? Niks in hierdie wêreld maak saak nie, behalwe wat ons doen om ander na Christus te wys. Hierdie wêreld is nie ons woning nie. Hierdie lewe is nie ons einde nie. Die hemel wag en intussen het ons werk om hier te doen. Mag ons nooit skik vir die liefde van hierdie wêreld en alles wat dit bied nie. Ons is hier vir 'n doel: om God te verheerlik. Wat met jou gebeur is nie 'n fout nie. Daar is 'n groter doel in al ons hartseer en seëvieringe. As gevolg van Paulus se kettings kon hy 'n groep soldate bereik wat hy andersins nie kon bereik het nie. Wanneer ons vir Christus leef, besef ons dat ons die hemel verwerf het. Paulus was in staat om bly te wees ten spyte van sy omstandighede, omdat sy blydskap nie in die hede was nie, maar in wat sou kom.

Dag 4Dag 6

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com