Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 10 VAN 27

Lees: Filippense 2:12-13

SOAP: Filippense 2:13

Ons is nie alleen in hierdie wonderlike werk waartoe God ons geroep het nie! Wat 'n troos is dit om te weet dat God in ons werk om Sy wil te doen; Hy los ons nie om dit alleen te doen nie. Hy rus ons toe, lei ons, en stel ons in staat volgens Sy goeie doel. God is die meesterargitek, en Hy gebruik elkeen van ons se lewens om Sy pragtige Kerk op te bou. Ons mag dalk nie aan hierdie kant van die hemel sien hoe kragtig God ons gebruik nie, maar eendag sal ons. Tot dan moet ons gehoorsaam wees aan God se roeping op ons lewens en Hom vertrou met die meesterplan 

Dag 9Dag 11

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com