Filippense - Kies VreugdeVoorbeeld

Filippense - Kies Vreugde

DAG 12 VAN 27

Lees: Filippense 2:19-30

SOAP: Filippense 2 :20-21   

Ons het almal besige lewens wat gevul is met lysies van dinge om te doen, dinge om te onthou en afsprake. Te midde van ons besig-wees, kan ons vergeet dat ons ware doel hier op aarde is om God te verheerlik met die dae wat Hy ons gegee het. Timoteus was so 'n aanmoediging vir Paulus omdat Timoteus, in plaas van om sy eie belange te soek, die Here s'n begeer het. Wat 'n kragtige verklaring wat Paulus hier oor Timoteus deel! Mag ons almal lewens soos Timoteus lewe - lewens volkome toegewy aan God vir Sy glorie.



Dag 11Dag 13

Aangaande hierdie leesplan

Filippense - Kies Vreugde

Vreugde is die tema van die boek Filippense. Dit is ongelooflik, want hierdie brief is deur Paulus geskryf terwyl hy in die tronk was. Hoe is dit moontlik om vreugdevol te wees te midde van oorweldigende hartseer en lyding? Paulus leer ons dat Jesus die Outeur en enigste bron van ware vreugde is. 

More

Ons wil graag Love God Greatly Afrikaans bedank vir die verskaffing van hierdie plan. Vir meer inligting, besoek gerus: http://lovegodgreatly.com