1
1 KORINTIËRS 1:27
Nuwe Lewende Vertaling
Nietemin het God doelbewus dit wat vir die wêreld na dwaasheid gelyk het, uitgekies om die slim mense skaam te maak en dit wat vir die wêreld na swakheid gelyk het, het Hy uitgekies om die magtiges skaam te laat kry.
Vergelyk
Verken 1 KORINTIËRS 1:27
2
1 KORINTIËRS 1:18
Ek besef hoe belaglik die boodskap van die kruis moet klink vir hulle wat verlore gaan. Maar vir ons wat verlos word, is dit die krag van God.
Verken 1 KORINTIËRS 1:18
3
1 KORINTIËRS 1:25
Hierdie Goddelike “dwaasheid” is oneindig wyser as enige menslike wysheid en hierdie Goddelike “swakheid” is oneindig sterker as enige menslike kragvertoon.
Verken 1 KORINTIËRS 1:25
4
1 KORINTIËRS 1:9
God sal dit beslis vir julle doen, want Hy hou altyd by sy woord. Dit is tog Hý wat julle geroep het om in hierdie wonderlike persoonlike verhouding met sy Seun, Jesus Christus ons Here, te deel.
Verken 1 KORINTIËRS 1:9
5
1 KORINTIËRS 1:10
En nou, broers en susters, pleit ek by julle in die Naam van ons Here Jesus Christus om eendragtig saam te staan – één in julle oortuigings. Daar mag nie groepvorming onder julle wees nie. Julle moet van harte saamstem in julle denke en in julle visie.
Verken 1 KORINTIËRS 1:10
6
1 KORINTIËRS 1:20
Wat het dus geword van die filosowe, die boekgeleerdes, die debatvoerders van hierdie wêreld? God het bewys hoe inherent dwaas die wysheid van hierdie wêreld in werklikheid is.
Verken 1 KORINTIËRS 1:20
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's