Die Gees
van die oppermagtige HERE
het op my gekom.
Die HERE het my gesalf
om goeie nuus te bring
vir arm mense.
Hy het my gestuur
om dié wat hartseer is,
te troos,
om vir die gevangenes
vryheid aan te kondig,
en vrylating
vir dié in die tronk;
om die genadejaar
van die HERE aan te kondig,
die dag van afrekening
vir ons God.
Maar almal wat treur, troos Hy,
die dag wanneer Hy
vir dié wat in Sion treur,
eer gee in plaas van smart,
vreugde in plaas van droefheid,
blydskap in plaas van hartseer.
Die HERE het hulle geplant
soos sterk en groot eike
om sy roem
te vermeerder.