1
MATTEUS 10:16
Nuwe Lewende Vertaling
“Let op, Ek stuur julle soos weerlose skape onder die wolwe in. Wees dan waaksaam soos die slange, maar terselfdertyd opreg soos die duiwe.
Vergelyk
Verken MATTEUS 10:16
2
MATTEUS 10:39
As jy selfsugtig aan jou eie lewe vasklou, sal jy dit verloor. Maar as jy dit ter wille van My opoffer, sal jy werklik voluit lewe.”
Verken MATTEUS 10:39
3
MATTEUS 10:28
Moenie bang wees vir hulle wat julle wil doodmaak nie. Hulle kan net julle liggame doodmaak; aan julle eintlike menswees kan hulle nie raak nie. Wees veel eerder bang vir Hom wat julle liggaam én eintlike menswees in die hel kan vernietig.
Verken MATTEUS 10:28
4
MATTEUS 10:38
As jy weier om jou kruis op jou skouers te neem en My te volg, verdien jy nie om een van my mense te wees nie.
Verken MATTEUS 10:38
5
MATTEUS 10:32-33
“As julle My openlik erken voor die mense, sal Ek julle ook openlik erken voor my hemelse Vader. Maar as julle My verloën voor die mense, sal Ek julle ook verloën voor my hemelse Vader.”
Verken MATTEUS 10:32-33
6
MATTEUS 10:8
Maak siekes gesond, laat dooies opstaan, reinig dié met ernstige velsiektes, dryf bose geeste uit. Julle het hierdie volmag verniet ontvang. Doen daarom julle werk ook verniet.
Verken MATTEUS 10:8
7
MATTEUS 10:31
Wees daarom nie bang nie. Julle is vir Hom meer werd as ’n hele swerm mossies.
Verken MATTEUS 10:31
8
MATTEUS 10:34
“Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op aarde te bring nie! Nee, Ek het nie vrede gebring nie, maar stryd.
Verken MATTEUS 10:34
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's