1
MARKUS 1:35
Nuwe Lewende Vertaling
Nog voor dagbreek die volgende oggend het Jesus opgestaan en alleen op ’n stil plek gaan bid.
Vergelyk
Verken MARKUS 1:35
2
MARKUS 1:15
Hy het gesê: “Die tyd het aangebreek. God se koningsheerskappy gaan nou enige oomblik begin! Kom tot inkeer en glo die Goeie Nuus!”
Verken MARKUS 1:15
3
MARKUS 1:10-11
Dadelik toe Jesus uit die water opstaan, sien Hy hoe die hemel oopgaan en die Heilige Gees soos ’n duif na Hom toe afkom. En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.”
Verken MARKUS 1:10-11
4
MARKUS 1:8
Ek het julle met water gedoop, maar Hy sal julle met die Heilige Gees doop.”
Verken MARKUS 1:8
5
MARKUS 1:17-18
Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!” En hulle het dadelik hulle nette gelos en saam met Hom gegaan.
Verken MARKUS 1:17-18
6
MARKUS 1:22
Hulle was verbaas oor sy onderrig, want Hy het onderrig gegee soos iemand met ware gesag – heeltemal anders as die skrifkenners.
Verken MARKUS 1:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's