1
NUMERI 21:8
Nuwe Lewende Vertaling
Die HERE het vir Moses gesê: “Maak vir jou ’n afbeelding van ’n giftige slang en sit dit bo-op ’n paal. Elkeen wat gepik is en daarna kyk, sal bly leef.”
Vergelyk
Verken NUMERI 21:8
2
NUMERI 21:9
Moses het toe ’n slang van brons gemaak en dit bo-op ’n paal gesit. As ’n slang iemand gepik het, het hy na die bronsslang gekyk en hy het bly leef.
Verken NUMERI 21:9
3
NUMERI 21:5
Die volk het teenoor die HERE en Moses begin kla: “Waarom het jy ons uit Egipte laat trek om hier in die woestyn te sterf? Hier is nie kos en water nie. Ons walg van die nuttelose manna!”
Verken NUMERI 21:5
4
NUMERI 21:6
Die HERE het toe giftige slange onder die volk gestuur. Hulle het die volk gepik. Baie uit Israel is daarvan dood.
Verken NUMERI 21:6
5
NUMERI 21:7
Hulle het na Moses toe gekom en by hom bely: “Ons het ’n fout gemaak met wat ons teen jou en die HERE gesê het. Bid tog vir die HERE dat Hy die giftige slange van ons af sal wegvat.” Moses het toe namens die volk tot God gebid.
Verken NUMERI 21:7
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's