“Julle moet niks verkeerd doen
op die Sabbatdag nie,
julle moenie op my gewyde dag
doen wat julle wil nie.
Die Sabbatdag moet vir julle
'n feesdag wees,
julle moet die gewyde dag
van die Here respekteer.
Julle moet die dag respekteer
en nie doen wat julle
op ander dae doen nie,
julle moenie doen en praat
wat julle wil nie.
Dan sal dit vir julle 'n fees wees
om die Here te dien.
Hy sal julle oor die hoogste plekke
laat ry.
Hy sal julle laat eet van die koring
en die vrugte van die land
van julle voorvader Jakob.”
Ja, dit het die Here gesê.