1
2 Konings 2:9
Die Bybel 2020-vertaling
Hulle was net deur, toe vra Elia vir Elisa: “Vra wat ek vir jou kan doen voordat ek van jou af weggeneem word.” Elisa het geantwoord: “Laat daar asseblief 'n dubbele deel van u gees na my kom.”
Vergelyk
Verken 2 Konings 2:9
2
2 Konings 2:11
Terwyl hulle nog so loop en praat, is daar skielik 'n strydwa van vuur en perde van vuur! Dit het skeiding gebring tussen hulle twee, en Elia het in die stormwind opgegaan na die hemel.
Verken 2 Konings 2:11
3
2 Konings 2:10
Daarop sê Elia: “Jy vra iets wat moeilik is. As jy my sien terwyl ek van jou af weggeneem word, mag dit dan vir jou so wees; maar indien nie, sal dit nie gebeur nie.”
Verken 2 Konings 2:10
4
2 Konings 2:14
Toe neem hy Elia se mantel wat van hom afgeval het, slaan die water en sê: “Waar is die HERE, die God van Elia?” Ook hy het die water geslaan, en die water het na weerskante verdeel, en Elisa het oorgegaan.
Verken 2 Konings 2:14
5
2 Konings 2:12
Elisa het dit sien gebeur en het bly uitroep: “My vader, my vader, strydwa van Israel en sy perde!” Toe hy hom nie meer kon sien nie, het hy sy klere vasgegryp en in twee geskeur.
Verken 2 Konings 2:12
6
2 Konings 2:8
Elia het sy mantel gevat, dit opgerol en die water daarmee geslaan. Die water het na weerskante verdeel, en hulle twee het op droë grond oorgegaan.
Verken 2 Konings 2:8
7
2 Konings 2:1
Dit is wat gebeur het toe die HERE vir Elia in 'n stormwind in die hemel opgeneem het. Elia en Elisa was van Gilgal af op pad
Verken 2 Konings 2:1
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's