1
Deuteronomium 1:30-31
Die Bybel 2020-vertaling
Die HERE julle God wat voor julle uit gaan, Hy self sal vir julle veg net soos al die vorige kere toe Hy dit voor julle oë vir julle gedoen het in Egipte en in die woestyn. Daar het julle gesien dat die HERE julle God julle die hele pad wat julle gekom het tot op hierdie plek dra, soos 'n man sy seuntjie dra.’
Vergelyk
Verken Deuteronomium 1:30-31
2
Deuteronomium 1:11
Mag die HERE, die God van julle voorvaders, julle nog 'n duisend maal meer maak, ja, mag Hy julle seën soos Hy vir julle gesê het.
Verken Deuteronomium 1:11
3
Deuteronomium 1:6
“ Die HERE ons God het by Horeb met ons gepraat. Hy het gesê, ‘Julle het nou lank genoeg by hierdie berg gebly.
Verken Deuteronomium 1:6
4
Deuteronomium 1:8
Kyk, Ek bied vir julle die land aan. Gaan en neem die land in besit wat Ek, die HERE, met 'n eed aan julle voorvaders Abraham, Isak en Jakob beloof het om aan hulle en hulle nageslag ná hulle te gee.’
Verken Deuteronomium 1:8
5
Deuteronomium 1:17
Moenie partydig wees in 'n regsaak nie. Luister na die onbelangrike persoon soos julle na die belangrike persoon sou luister. Moet julle nie deur 'n mens laat afdreig nie, want die regspraak is 'n saak van God. 'n Saak wat vir julle te moeilik is, moet julle na my toe bring, dan sal ek dit verhoor.’
Verken Deuteronomium 1:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's