1
Prediker 3:1
Die Bybel 2020-vertaling
Vir alles is daar 'n vasgestelde tyd; daar is 'n tyd vir elke saak onder die hemel
Vergelyk
Verken Prediker 3:1
2
Prediker 3:2-3
'n tyd om geboorte te gee en 'n tyd om te sterf; 'n tyd om te plant en 'n tyd om uit te trek wat geplant is; 'n tyd om 'n lewe te neem en 'n tyd om te genees; 'n tyd om af te breek en 'n tyd om op te bou
Verken Prediker 3:2-3
3
Prediker 3:4-5
'n tyd om te huil en 'n tyd om te lag; 'n tyd om te rou en 'n tyd om te dans; 'n tyd om klippe weg te gooi en 'n tyd om klippe bymekaar te maak; 'n tyd om te omhels en 'n tyd om ver te wees van omhelsing
Verken Prediker 3:4-5
4
Prediker 3:7-8
'n tyd om te skeur en 'n tyd om toe te werk; 'n tyd om stil te bly en 'n tyd om te praat; 'n tyd om lief te hê en 'n tyd om te haat; 'n tyd van oorlog en 'n tyd van vrede.
Verken Prediker 3:7-8
5
Prediker 3:6
'n tyd om te soek en 'n tyd om te laat wegraak; 'n tyd om te bewaar en 'n tyd om weg te gooi
Verken Prediker 3:6
6
Prediker 3:14
Ek het besef dat alles wat God doen, vir altyd sal bestaan. Daaraan kan niks toegevoeg word nie, en daarvan kan niks weggeneem word nie. God het dit gedoen sodat hulle ontsag vir Hom sal hê.
Verken Prediker 3:14
7
Prediker 3:17
Ek het in my hart gesê: God sal die regverdige en die goddelose oordeel oor elke optrede daar, want daar is 'n tyd vir elke saak.
Verken Prediker 3:17
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's