1
Genesis 37:5
Die Bybel 2020-vertaling
Josef het 'n droom gehad, en hy het dit vir sy broers vertel. Hulle het toe 'n nog groter weersin in hom gekry.
Vergelyk
Verken Genesis 37:5
2
Genesis 37:3
Israel was lief vir Josef, meer as vir al sy ander seuns, want hy was vir hom die seun van sy ouderdom. Hy het vir Josef 'n lang rok met moue gemaak.
Verken Genesis 37:3
3
Genesis 37:4
Sy broers het opgemerk dat hulle vader lief was vir hom, meer as vir al sy broers. Hulle het 'n weersin in hom gekry, en kon nie vriendelik met hom praat nie.
Verken Genesis 37:4
4
Genesis 37:9
Hy het nog 'n ander droom gehad, en het dit vir sy broers vertel. Hy het gesê: “Ek het sowaar weer 'n droom gehad! Kyk, die son en die maan en elf sterre het diep voor my gebuig!”
Verken Genesis 37:9
5
Genesis 37:11
Sy broers was afgunstig op hom, maar sy vader het die saak in gedagte gehou.
Verken Genesis 37:11
6
Genesis 37:6-7
Hy het vir hulle gesê: “Luister asseblief na hierdie droom wat ek gehad het! Kyk, ons was besig om gerwe te bind in 'n stuk land, toe my gerf skielik regop kom en ook bly staan. En kyk, julle gerwe kom toe daar rondom myne saam en buig diep voor my gerf!”
Verken Genesis 37:6-7
7
Genesis 37:20
Kom dan nou, laat ons hom vermoor en in een van die opgaarputte gooi. Ons sê dan 'n roofdier het hom opgevreet. Dan sal ons sien wat word van sy drome!”
Verken Genesis 37:20
8
Genesis 37:28
Toe die Midianitiese manne, die handelaars, daar verbykom, het hulle Josef opgetrek, hom uit die opgaarput gehaal en hom vir twintig silwerstukke aan die Ismaeliete verkoop, en dié het Josef na Egipte geneem.
Verken Genesis 37:28
9
Genesis 37:19
Hulle het vir mekaar gesê: “Kyk, daar kom daardie bobaasdromer aan!
Verken Genesis 37:19
10
Genesis 37:18
Hulle het hom van ver af gesien. Voordat hy naby hulle was, het hulle arglistig teen hom saamgespan om hom dood te maak.
Verken Genesis 37:18
11
Genesis 37:22
Ruben het daarby vir hulle gesê: “Moenie bloed vergiet nie. Gooi hom in hierdie opgaarput in die woestyn; maar moenie 'n hand aan hom slaan nie.” Dit was sodat hy hom uit hulle hand kon red om hom na sy vader terug te neem.
Verken Genesis 37:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's