Die Gees van my Heer,
die HERE is op my,
omdat die HERE my gesalf het.
Hy het my gestuur
om 'n goeie boodskap te bring
aan magteloses,
om dié met gebroke harte
se wonde te verbind,
om dié wat weggevoer is
se vrylating aan te kondig
en bevryding vir dié wat geboei is,
om die genadejaar
van die HERE aan te kondig,
ons God se dag van wraak,
om almal wat rou, te troos,
om te voorsien vir hulle
wat oor Sion rou,
om vir hulle •tulbande te gee
in plaas van stof,
vreugde-olie in plaas van rou,
klere vir lofprysing
in plaas van 'n verslae gees.
Hulle sal genoem word:
terebinte van geregtigheid,
geplant deur die HERE
om Hom te verheerlik.