1
Jeremia 37:17
Die Bybel 2020-vertaling
Koning Sedekia het hom laat haal. Die koning het hom in sy paleis in die geheim uitgevra; hy het gesê: “Is daar 'n woord van die HERE af?” Jeremia het geantwoord: “Daar is.” Verder het hy gesê: “U sal oorgegee word in die hand van die koning van Babilonië.”
Vergelyk
Verken Jeremia 37:17
2
Jeremia 37:15
Die •hoë amptenare was woedend vir Jeremia en het hom geslaan. Hulle het hom in 'n plek van aanhouding, by die huis van Jonatan, die sekretaris, geplaas, want hulle het daarvan 'n gevangenis gemaak.
Verken Jeremia 37:15
3
Jeremia 37:2
Hy en sy dienaars en die volk van die land het egter nie geluister na die woorde van die HERE wat Hy by monde van die profeet Jeremia uitgespreek het nie.
Verken Jeremia 37:2
4
Jeremia 37:9
So sê die HERE, ‘Moet julleself nie mislei deur te dink, die Galdeërs sal beslis van ons af weggaan, nie; want hulle sal nie gaan nie.
Verken Jeremia 37:9
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's