1
Johannes 11:25-26
Die Bybel 2020-vertaling
Jesus het vir haar gesê: “Ek is die opstanding en die lewe. Wie in My glo, sal leef, al het hy ook gesterf; en elkeen wat leef en in My glo, sal tot in ewigheid nooit sterf nie. Glo jy dit?”
Vergelyk
Verken Johannes 11:25-26
2
Johannes 11:40
Jesus sê vir haar: “Het Ek dan nie vir jou gesê dat as jy glo, jy die heerlikheid van God sal sien nie?”
Verken Johannes 11:40
3
Johannes 11:35
Jesus het begin huil.
Verken Johannes 11:35
4
Johannes 11:4
En toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Hierdie siekte lei nie tot die dood nie, maar tot die verheerliking van God, sodat die •Seun van God daardeur verheerlik kan word. ”
Verken Johannes 11:4
5
Johannes 11:43-44
En nadat Hy dit gesê het, roep Hy met 'n harde stem: “Lasarus, kom uit!” Die oorledene het uitgekom. Sy voete en hande was met grafdoeke vasgebind, en sy gesig met 'n kopdoek toegedraai. Jesus sê vir hulle: “Maak hom los en laat hom gaan.”
Verken Johannes 11:43-44
6
Johannes 11:38
Jesus het toe, opnuut hewig ontsteld, na die graf gegaan. Dit was 'n rotsgraf en 'n groot klip het daarteen gelê.
Verken Johannes 11:38
7
Johannes 11:11
Nadat Hy dit gesê het, sê Hy vir hulle: “Ons vriend Lasarus slaap, maar Ek gaan om hom wakker te maak.”
Verken Johannes 11:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's