1
Josua 1:9
Die Bybel 2020-vertaling
Het Ek jou nie beveel, ‘Wees dapper en sterk’ nie? Moenie paniekbevange wees nie en moet jou nie laat afskrik nie, want die HERE jou God is by jou, oral waar jy gaan.”
Vergelyk
Verken Josua 1:9
2
Josua 1:8
Hierdie •boekrol van die wet mag nie uit jou mond verdwyn nie. Jy moet dit dag en nag mymerend prewel, sodat jy alles wat daarin geskryf is, nougeset kan nakom; want dan sal jy voorspoedig wees op jou pad; dan sal jy sukses behaal.
Verken Josua 1:8
3
Josua 1:7
Wees net baie dapper en sterk, sodat jy die hele wet wat Moses, my dienskneg, jou beveel het, nougeset uitvoer. Moenie links of regs daarvan afwyk nie, sodat jy sukses kan behaal oral waar jy gaan.
Verken Josua 1:7
4
Josua 1:5
Solank jy leef, sal niemand voor jou kan standhou nie. Soos Ek by Moses was, sal Ek by jou wees. Ek sal jou nie in die steek laat en jou nie verlaat nie.
Verken Josua 1:5
5
Josua 1:6
Wees dapper en sterk, want jy moet hierdie volk die land in besit laat neem wat Ek met 'n eed aan hulle voorvaders beloof het om aan hulle te gee.
Verken Josua 1:6
6
Josua 1:3
Elke plek waarop julle voete trap – aan julle gee Ek dit soos Ek aan Moses beloof het.
Verken Josua 1:3
7
Josua 1:2
“Moses, my dienskneg, is dood. Daarom, maak nou gereed om hierdie Jordaan oor te steek, jy en hierdie hele volk, na die land wat Ek aan hulle, aan die Israeliete, gaan gee.
Verken Josua 1:2
8
Josua 1:1
Ná die dood van Moses, die dienskneg van die HERE, het die HERE vir Josua, seun van Nun, Moses se helper, gesê
Verken Josua 1:1
9
Josua 1:4
Van die woestyn en die Libanon af tot by die groot rivier, die Eufraat, die hele land van die Hetiete tot by die Groot See in die weste, sal julle gebied wees.
Verken Josua 1:4
10
Josua 1:18
Elkeen wat teen u bevel in opstand kom en nie u woorde gehoorsaam nie, wat u hom ook al beveel, moet sterf. Wees net dapper en sterk.”
Verken Josua 1:18
11
Josua 1:11
“Gaan deur die kamp en gee opdrag aan die volk, ‘Maak vir julle padkos gereed, want oor drie dae gaan julle hierdie Jordaan oorsteek om die land binne te gaan, om in besit te neem wat die HERE julle God aan julle gaan gee om in besit te neem.’ ”
Verken Josua 1:11
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's