1
Markus 14:36
Die Bybel 2020-vertaling
Hy het gesmeek: “ Abba, Vader, alle dinge is vir U moontlik. Neem hierdie beker van My af weg – nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. ”
Vergelyk
Verken Markus 14:36
2
Markus 14:38
Waak en bid, sodat julle nie in versoeking kom nie. Die gees is wel gewillig, maar die vlees is swak.”
Verken Markus 14:38
3
Markus 14:9
•Amen, Ek sê vir julle: Oral in die hele wêreld waar die evangelie ook al verkondig word, sal daar, ter herinnering aan haar, vertel word van wat sy gedoen het.”
Verken Markus 14:9
4
Markus 14:34
en sê toe vir hulle: “My siel is diep bedroef, tot die dood toe. Bly hier en waak.”
Verken Markus 14:34
5
Markus 14:22
Terwyl hulle eet, het Hy brood geneem, en nadat Hy die seëngebed uitgespreek het, breek Hy dit en gee dit vir hulle en sê: “Neem, dit is my liggaam.”
Verken Markus 14:22
6
Markus 14:23-24
Toe het Hy die beker geneem, gedank, dit vir hulle gegee, en hulle almal het daaruit gedrink. Hy het vir hulle gesê: “Dit is my bloed, die bloed van die verbond wat vir baie uitgegiet word.
Verken Markus 14:23-24
7
Markus 14:27
Toe sê Jesus vir hulle: “Julle sal almal afvallig raak, want daar staan geskryf: “ ‘Ek sal die herder neervel, en die skape sal uitmekaar gejaag word.’
Verken Markus 14:27
8
Markus 14:42
Staan op, laat ons gaan! Kyk, die een wat My verraai, is naby!”
Verken Markus 14:42
9
Markus 14:30
Jesus antwoord hom: “•Amen, Ek sê vir jou: Jy sal vandag, vannag nog, voor die haan twee maal kraai, My drie maal verloën.”
Verken Markus 14:30
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's