1
Openbaring 16:15
Die Bybel 2020-vertaling
“Kyk, Ek kom soos 'n dief! Gelukkig is die een wat wakker bly en sy klere byderhand hou, sodat hy nie naak loop, en die mense sy skaamte sien nie.”
Vergelyk
Verken Openbaring 16:15
2
Openbaring 16:12
Die sesde engel het sy bak oor die groot Eufraatrivier uitgegooi, en die rivier se water het opgedroog om 'n pad vir die konings uit die ooste gereed te maak.
Verken Openbaring 16:12
3
Openbaring 16:14
Hulle is demoniese geeste wat tekens doen, en wat na die konings van die hele bewoonde wêreld gaan, om hulle byeen te bring vir die oorlog op die groot dag van God, die Almagtige.
Verken Openbaring 16:14
4
Openbaring 16:13
Toe het ek uit die bek van die draak, en uit die bek van die dier, en uit die mond van die vals profeet, drie onrein geeste sien kom wat soos paddas lyk.
Verken Openbaring 16:13
5
Openbaring 16:9
Die mense is deur 'n versengende hitte geskroei, en hulle het gelaster teen die Naam van God, wat mag oor hierdie plae het. Nogtans het hulle hulle nie bekeer, en aan Hom heerlikheid bewys nie.
Verken Openbaring 16:9
6
Openbaring 16:2
Die eerste engel het uitgegaan, en sy bak op die aarde uitgegooi. Daar het toe kwaadaardige en bose swere uitgeslaan op die mense wat die merk van die dier dra en sy beeld aanbid.
Verken Openbaring 16:2
7
Openbaring 16:16
Die geeste het die konings byeengebring by die plek wat in Hebreeus Armageddon genoem word.
Verken Openbaring 16:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's