1
Romeine 4:20-21
Die Bybel 2020-vertaling
Met die belofte van God in gedagte, het hy nie in ongeloof verval en begin twyfel nie; trouens, hy het sterker geword in die geloof, en het die eer aan God gegee. Hy was vas daarvan oortuig dat God dit wat Hy beloof het, ook kan doen.
Vergelyk
Verken Romeine 4:20-21
2
Romeine 4:17
soos daar geskryf staan: “Ek het jou die vader van baie nasies gemaak” – dit was hy in die oë van die God in wie hy geglo het, wat die dooies lewend maak, en dit wat nog nie bestaan nie, tot bestaan roep.
Verken Romeine 4:17
3
Romeine 4:25
Hy is ter wille van ons oortredings oorgelewer, en ter wille van ons regverdigmaking opgewek.
Verken Romeine 4:25
4
Romeine 4:18
Hy het teen alle verwagting in bly hoop, en geglo dat hy die vader van baie nasies sou word, soos gesê is: “Só sal jou nageslag wees.”
Verken Romeine 4:18
5
Romeine 4:16
Daarom het die belofte op geloof berus, sodat dit volgens genade kon vasstaan vir Abraham se hele nageslag, nie net vir hulle wat op grond van die wet leef nie, maar ook vir hulle wat op grond van Abraham se geloof leef. Hy is ons almal se vader
Verken Romeine 4:16
6
Romeine 4:7-8
“Gelukkig is hulle wie se wettelose dade vergewe, en wie se sondes bedek is; Gelukkig is die mens vir wie die Here die sonde hoegenaamd nie toereken nie.”
Verken Romeine 4:7-8
7
Romeine 4:3
Want wat sê die Skrif? “Abraham het God geglo, en God het sy geloof vir hom as regverdiging gereken.”
Verken Romeine 4:3
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's