1
Genesis 15:6
Die Boodskap
Abram het die Here toe geglo. Vir die Here was dit goed dat Abram so op Hom vertrou.
Vergelyk
Verken Genesis 15:6
2
Genesis 15:1
Na ’n ruk het die Here in ’n gesig na Abram toe gekom. Hy het vir hom gesê: “Moenie bang wees nie, Abram! Ek is naby jou en Ek pas jou op. Ek sal jou nog baie dinge gee.”
Verken Genesis 15:1
3
Genesis 15:5
Die Here het Abram buitentoe geneem en gesê hy moet opkyk. “Probeer ’n bietjie al die sterre tel,” het Hy gesê. Abram kon nie en die Here het gesê: “Jou nageslag sal nog eendag net so baie soos hierdie sterre word.”
Verken Genesis 15:5
4
Genesis 15:4
Die Here het toe vir Abram gesê: “Nee, dit sal nie gebeur nie. Eliëser sal niks van jou erf nie. Jou eie kind sal eendag alles kry.”
Verken Genesis 15:4
5
Genesis 15:13
In sy slaap het die Here toe vir hom gesê: “Abram, daar is iets wat jy moet weet. Jou kinders sal 400 jaar lank in ’n vreemde land woon en soos slawe moet werk.
Verken Genesis 15:13
6
Genesis 15:2
Abram was so moedeloos oor sy kinderloosheid dat hy gesê het: “Ag, Here, wat help u geskenke as ek nie kinders het nie. Eliëser wat uit Damaskus kom, die een wat vir my werk, hy sal nog eendag al my goed erf.
Verken Genesis 15:2
7
Genesis 15:18
Daardie dag het die Here ’n ooreenkoms met Abram gemaak. Hy het vir Abram gesê: “Onthou, aan jou kinders gee Ek hierdie land. Alles van die Nyl in Egipte af tot by die groot rivier, die Eufraat, sal hulle s’n wees.
Verken Genesis 15:18
8
Genesis 15:16
Vier geslagte later sal jou kinders weer na hierdie land terugkom. Dan sal die Amoriete se tyd kom om oor hulle sondes gestraf te word.”
Verken Genesis 15:16
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's