1
Genesis 37:5
Die Boodskap
Op ’n dag het Josef ’n droom gehad en sy broers daarvan vertel. Dit het hulle so kwaad gemaak dat hulle hom nog meer gehaat het.
Vergelyk
Verken Genesis 37:5
2
Genesis 37:3
Jakob was baie liewer vir Josef as vir al sy ander seuns. Josef was die kind wat op sy oudag gebore is en Jakob het hom liefgehad. Hy het toe vir Josef ’n kleed met lang moue en baie kleure laat maak.
Verken Genesis 37:3
3
Genesis 37:4
Al die ander broers het gesien hulle pa was liewer vir Josef as vir hulle. En hulle het Josef begin haat, so erg dat hulle kortaf en onbeskof met hom was.
Verken Genesis 37:4
4
Genesis 37:9
Josef het nog ’n droom gehad en het dit sowaar weer vir sy broers loop en vertel. “Hoor hier,” het hy gesê, “ek wil julle van ’n ander droom vertel. Hierdie keer was dit die son, die maan en elf sterre wat gekom en voor my gebuig het.”
Verken Genesis 37:9
5
Genesis 37:11
Al die broers was jaloers op Josef. Sy pa het sy woorde onthou en dikwels daaraan gedink.
Verken Genesis 37:11
6
Genesis 37:6-7
Hy het vir hulle gesê: “Luister, ek wil julle van my droom vertel. Ons was almal in die veld besig om gerwe koring vas te bind. Skielik staan my gerf regop. Julle gerwe het ook regop gestaan en in ’n kring rondom my gerf kom staan. En daar buig julle gerwe toe voor my gerf.”
Verken Genesis 37:6-7
7
Genesis 37:20
Hoekom maak ons nie die ou windlawaai dood en gooi sy liggaam in een van die putte nie? Ons kan sê die een of ander wilde dier het hom gevang en uitmekaargeskeur. Dan sal ons sien wat van al sy droompraatjies gaan word.”
Verken Genesis 37:20
8
Genesis 37:28
Intussen was die Ismaeliete met hulle kamele al baie naby en die broers het Josef vinnig uit die put opgetrek. Hulle het Josef toe vir twintig stukke silwer aan die Ismaeliete verkoop. Josef is saam met hulle Egipte toe.
Verken Genesis 37:28
9
Genesis 37:19
Hulle het vir mekaar gesê: “Dit is mos die ou dromer wat hier aangestap kom.
Verken Genesis 37:19
10
Genesis 37:18
Hulle het hom al van ver af sien aankom. Voordat Josef nog by hulle was, het hulle klaar besluit om hom dood te maak.
Verken Genesis 37:18
11
Genesis 37:22
“Moet tog nie dat sy bloed vloei nie,” het hy gepleit. “Gooi hom eerder in ’n put êrens in die woestyn, maar moet net nie die kind doodmaak nie.” Ruben het dit gesê omdat hy ander planne gehad het. Hy sou Josef uit die put red en hom na sy pa toe terugneem.
Verken Genesis 37:22
Tuisblad
Bybel
Leesplanne
Video's